Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3491 resensies.
"Baie eetplekke maar min aktiwiteite om te doen. En besighede maak bietjie te vroeg toe saans."
"Ons sou vir seker langer wou bly, aangesien daar heeltemal "te veel" plekke is om te besoek in die Paarl. "
"1 week is te kort om al die mooi in die omgewing te verken. Mooiste natuur tussen die berge."
"A great region to visit. Beautiful part of the winelands to visit with plenty to see and do."
"Ons het Ceres geniet. Ziplining is een van baie besienswaarighedes in die omgewing met baie vriendelike en behulpsame personeel."
"Die dorpie Tulbagh is ongelukkig 'n slagoffer van ons regering se onvermoë om 'n beter lewe aan sy mense te gee. Die hoofstraat is besaai met werklose mense wat vinnig om toeriste brom. Meeste besighede is of gesluit of het beperkte besigheidsure. Darem is die strate redelik skoon. Die prag van die area is nie die dorp nie, maar die natuurskoon en die omliggende plase, berge, riviere, damme, staproetes en bergfietspaaie."
"Die restaurant Giovanni's was lekker. Die pizza was seker die beste wat ek al ooit geëet het."
"Very hot. There are some wonderful hikes. Use the AllTrails App, it guides you to them all."
"Dit is 'n wonderlike omgewing met 'n ryk geskiedenis. Wonderlike kultuurskatte, mens het nie genoeg tyd om almal te besoek nie. Die dorp is netjies, skoon en die blomme op die sypaadjies laat met voel asof jy nie werklik in Suid-Afrika rondbeweeg nie. So jammer dat parkering altyd 'n probleem is en dat ons ouer garde ver moet loop om by iets uit te kom."
"Die Boland is wonderlik! Neem in gedagte dit raak baie warm en sal verkies jy bespreek 'n plekkie met lugversorging."
"Stellenbosch has a lot to offer, different restaurants, vineyards, activities, and beautiful landscapes. A short drive to the beach (Strand) and about an hour's drive to Cape Town. Stellenbosch is a great base for exploring the area."