Geverifieerde Resensie
Cannon Rocks
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cannon Rocks bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 56 resensies.
"Dis 'n ware rusoord en pragtig, rustig en het nooit bedreig gevoel deur enigiets of iemand nie. Ek sal dit as 'n veilige toeristebestemming beskryf."
"Lifeguards at Boknes are really attentive and diligent in their work. We'd love to see some information sessions on rip currents though. This entire section of the coastline has numerous rips and has claimed so many lives. How awesome would it be if these sessions prevented another drowning?"
"Baie rustige plek met groot oop strande selfs in die feestyd asook veilig."
"Ons was nie daar vir vakansie of oorbly op pad nie maar was nie beïndruk met die bietjie wat ons van Cannon Rocks gesien het nie. Beslis nie ons tipe toeristebestemming nie."
"It's quite windy and the beach itself is not that swim safe but within 5 mins you can reach Kenton0on-Sea beach and lagoon which is more swim friendly."
"Ek wil daar gaan aftree. Roes is een van die oulikste en waarde vir geld restaurante omtrent 1 km van Bayview en ek sal dit beslis aanbeveel."
"Een van die mooiste, veiligste kusstreke in ons land, ons het in die Woody Cape Natuurreservaat se woud gaan stap, wonderlik. Die rit soontoe, deur al die melkplase wat langs die kus loop, is 'n ervaring op sy eie. Ons was ook na die Quin Beeldhoutuin in Alexandria, 'n moet! Lekker gestap op die ongerepte strand en geswem in die see. Lekker!"
"'n Moet doen is die twee roetes rondom Cannon Rocks, tussen die melkplase deur asook tussen die wildplase. Besoek gerus Roes, die plaaslike restaurant en nie ver van Bay View nie. Besoek ook Stanley's Restaurant. Cannon Rocks is 'n stil en veilige omgewing om te gaan afpak en rus."
"Cannon Rocks is rustig en die perfekte plek om die son en see te geniet. Kinders kan in die strate en op die strand speel. Pragtige swemarea en poele met kilometers wit strand."
"Plek is fantasties, ek sal daar kan aftree, dit is so veilig en die paar mense wat ons by die winkel gekry het, was baie vriendelik. Ek beveel die plek sterk aan."