Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2570 resensies.
" Prince Albert is 'n rustige dorpie met baie vriendelike mense, die dorpie is mooi skoon. Onse Rust sal ek beslis weer boek, vriendelike personeel en behulpsaam."
"Een van die mooiste dorpies waarby nog oornag het. Die Bush Pub is veral baie outentieke en lekker."
"Kan geen kommentaar lewer oor Beaufort nie, aangesien ons net daar oornag het."
"'n Interessante, skoon, netjiese dorpie. 'n Voorbeeld van wat die Suid-Afrikaanse platteland kan wees. "
"Die besienswaardighede in die hoofstraat is besonders. Ons het nie lank genoeg vertoef om al die moontlikhede te ontgin nie."
"A quaint little town surrounded by scenic nature, enjoyable even in the -1ºC cold of July. Experienced a bit of snow on Swartberg Pass for the first time. Definitely a great place to explore if you enjoy a slower pace and exploring nature on foot, mountain bike or motorbike."
"It's quiet, so for me it's a perfect stop over for when I travel from Johannesburg to Cape Town."
"Besoek al die restaurante en winkels en ondervind die Prins Albert dit trap diep spore in jou hart."
"Baie om te doen in die omgewing, die wynroete is regtig naby, dan is daar ook natuurlik Sutherland en Matjiesfontein."
"Dit was en is nog altyd my oorslaapplek wanneer ons as 'n gesin Kaap toe gegaan het. En nou nog, al is ek 'n weduwee, slaap ek daar oor. Beaufort-Wes vir my is skoon en veilig."
"Dis jammer die besigheidsure, selfs oor 'n naweek vir 'n meestal toeristebestemming, is vreeslik beperk. Sal volgende keer eerder in die week gaan."
"Het die lekker gesellige markie besoek waar ons vars plaasprodukte kon bekom, asook geselsies kon aanknoop met plaaslike inwoners. Was 'n belewenis. Ook lekker winkeltjies om te besoek. "
Prince Albert Road, Groot-Karoo
Wolvekraal Guest Farm"'n Lekker ervaring van die Karoo en sy uitgestrektheid."