Geverifieerde Resensie

Clarens

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3049 resensies.

Clarens

Francisco Guesthouse & Villa Clarens

"Die natuurskoon is asemrowend en die dorp Clarens is verbasend skoon. Gemeet aan die huidige tendens waar rommel feitlik in elke dorp en omgewing 'n onooglike skande is. Ons was verstom om op Nuwejaarsoggend deur Clarens te ry en te sien hoe skoon die dorp na Oujaar is. "

Clarens

Studio 28 Clarens

"Still one of the very rare area left in South Africa for tourism. The place has lots to offer and is also clean with the environment still in pristine conditions."

Clarens

Montanus

"Regtig 'n juweel van die Vrystaat!"

Clarens

Die Blou Huis

"Ons is gereelde Clarens besoekers en het vriende wat permanente inwoners is. Ons hou daarvan om elke keer ander akkommodasie uit te probeer."

Clarens

Lake Clarens Guest House

"Paaie soontoe baie sleg, van Gauteng sowel as Oos-Kaap, lekker toeristedorp."

Clarens

Talking Trees Self-Catering House

"Is 'n pragtige dorpie, 'n Spar sal baie welkom wees."

Clarens

Aspen Guest House

"As jy nog nie daar was nie moet dit op jou bucket list kom. Dit is 'n merkwaardige mooi dorpie, baie besienswaardighede, lekker eetplekke, asemrowende natuurskoon. Absoluut die moeite werd om te besoek."

Clarens

Willow Villas

"Fantasties."

Clarens

Clarens Valley Lodge

"Fantastiese plekkie vir enige iemand om te besoek. Oulike winkels en heerlike restaurante. Dit is 'n sprokies dorpie."

Clarens

Fairview Cottages

"Dit was vir my regtig besonders dat Clarens op Kersdag tot stilstand gekom het. Skaars 'n motor gesien, behalwe voor die kerk. Die diens was stampvol (ons was by die 10 vm een) en die voorbereiding daarvan absoluut fantasties. Hulle het baie moeite gedoen en ons het dit opreg waardeer. Dankie aan almal wat betrokke was!"

Clarens

God's Gift Self-catering Cottage

"Vir veral kunsliefhebbers 'n paradys en die natuur is so mooi. "

Clarens

Mont Rouge

"As gesin keer ons gereeld terug na die skilderagtige dorpie."

Clarens

La Bri

"Welcoming community. Feels like home."

Clarens

La Bri

"Juweel van 'n dorpie en so skoon. "

Clarens

V'Kansi Khaya

"Baie mooi dorpie omring met berge en almal vriendelik. Mens moet net besef omdat dit gewild is, is die koste van uiteet, inkopies ens. nie goedkoop nie."

Clarens

Clarens Valley Lodge

"Altyd die moeite werd om 'n paar dae hier te vertoef. Hier is iets vir almal om te doen. In die kostelike dorpie is daar baie winkeltjies om in te kyk, heerlike restaurante om in te eet en moenie vergeet van Clarens se eie brouery met 'n wye verskeidenheid biere om te proe. As jy genoeg gehad het van winkels, is daar ook baie aktiwiteite vir die avontuurlustiges. Zip-line deur die bome of witwatervlotry af met die Asrivier wat jaarom water in het as gevolg van die Caledon-watertonnel vanaf die Katsidam in Lesotho. Net 'n paar kilometer buite die dorp is ook die pragtige Golden Gate met staptoere en rytoere. So 'n pragtige deel van ons land!"

Clarens

Jovali

"Fantasties, skoon en almal is baie vriendelik."

Clarens

Bella Vista

"Pragtige plek en 'n die omgewing is so mooi en kalmerend op 'n persoon. Hemels."

Clarens

Rosewood Corner

"Dorp is baie mooi en skoon."

Clarens

By the Way Gastehuis

"Pragtige toeriste aantreklikheid. So rustig, veilig en vriendelik. Voorwaar 'n aangename belewenis."

Clarens

Villa 176 @ Clarens

"Lieflike plek. "

Clarens

Mt Horeb Manor

"Keep up the unique offerings."

Clarens

Mont Rouge

"Lekker eet plekke en bier."

Clarens

Arundel Studios

"Nie vreeslik baie om te doen buiten drink en lekker eet nie, maar dit is 'n pragtige bestemming vir 'n vinnige wegbreek!"

Clarens

Cottage Pie

"Fabulous town which is very well geared towards visitors with excellent restaurants and a lovely, easy-going lifestyle. The cheese deli is a must!"

Clarens

Fairview Cottages

"Daar is baie om te doen en te ervaar. Mens moet werklik 'n paar dae daar bly om meer van die aktiwiteite te ervaar en uit te probeer. Mooi omgewing en baie skoon lug. "

Clarens

Fairview Cottages

"Pragtig, en die mense is deur die bank vriendelik en behulpsaam."

Clarens

Talking Trees Self-Catering House

"Lieflike dorpie met heeltemal te veel om te doen in net een naweek."

Clarens

Bikiberg

"Overrated."

Clarens

Clarens Escape

"Don't miss the Golden Gate Park, and we recommend the Brandwag Buttress hike, good exercise and spectacular views."

Blad
Blad 66 - Wys 1951 tot 1980
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang