Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3007 reviews.
"'n Pragtige dorpie wat mooi in stand gehou word. Dis net jammer dat 'n mens byna elke jaar uitsien om terug te gaan na 'n winkel en dan staan die plekkie leeg of iemand anders het ingetrek! Daar is egter heerlike nuwe winkels en die ou bekendes bly lekker om by te koop. "
"Daar is beslis baie ruimte vir verbetering. Altyd groot lekkerte om in Clarens te kuier."
"Clarens is 'n pragtige dorp met baie goed om te doen, te sien en te koop. Het dit baie geniet!"
"Mal oor die plek. Mense is gaaf. Ons sal weer Curry Bunnie Chow gaan een by Artist's Cafe en Bobotie by Die Kooperasie. Baie lekker gewees."
"Clarens is koning en staan glad nie terug vir enige ander toeristedorpie in SA nie. Selfs die pad vanaf Gauteng is opgradeer en jy kan nou maklik in net meer as 3 ure vanaf Pretoria na Clarens reis! Die enigste kritiek t.o.v. ons besoek aan Clarens was dat die braaihout, sowel as kaggelhout, wat ons by die onderste petrolstasie gekoop het, grasgroen, en dus onbruikbaar was! "
"Meeste winkels onbetaalbaar duur, maar pragtige dorpie om deur te loop."
"Dis 'n pragtige dorpie en baie rustig. Sal graag weer daarvan gebruik wil maak."
"Clarens is 'n baie oulike dorpie. Dit was ons eerste keer daar, het deur die Golden Gate Nature Reserve gaan ry, was baie mooi en kon soveel mooi foto's neem. Sondag het ons deur die dorp gaan stap. Dit was so lekker en mens voel so veilig! Daar is baie winkels om te besoek en al die winkel eienaars en/of assistente is so vriendelik en behulpsaam. Was 'n plesier om 'n naweek daar te spandeer!"
"Die gemeenskap regdeur Clarens ontvang en verwelkom mense met ope arms. Die Sondagdiens by die kerk was definitief 'n hoogtepunt van ons besoek."
"Wonderful old world, we loved all the shops and the people are so friendly, love that place, the kids did water rafting and really enjoyed that."
"The Golf Course is amazing and the Douglas and his team are world class. The best service I have ever had at a golf course, and I have played many, from the Lost City, Pecanwood, Pretoria, San La Meer, and Cape courses. Please let them know, that what they do is appreciated."
"Ek sal nooit genoeg van Clarence kry nie. Die dorpie het 'n charisma en bied soveel dat jy eintlik nie korter as 'n week daar moet deurbring nie."
"Vitos Restaurant was wonderlik. Die kos was baie lekker en die diens uitstekend. Die pryse vir die kos was regtig die moeite werd! Ons het beslis nie honger gely nie."