Verified Reviews
Gansbaai
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gansbaai
Rated 4.5 out of 5 based on 765 reviews.
"Great little town, little bit far from main attractions of the surrounding area but overall a great place!"
"Vriendelike en behulpsame mense, groot verskeidenheid see-aktiwiteite."
"Ek is versot op Gansbaai! Daar kort net regtig 'n goeie, knus restaurant wat uitkyk op die see met 'n lekker atmosfeer. Iets wat modern en nie te duur is nie. Daar is restaurante - die 1 is altyd toe na ure, die ander 2 is op die hawe maar oud en weggesteek. Die 1 is meer n kroeg. Daar is 'n Wimpy en 2 bistro's maar hul moet jy bespreek en is weggesteek in die hoofstraat, ver van 'n mooi uitsig."
"Gansbaai was 'n heerlike bestemming om deur te toer en daardie deel ook waar te neem. "
"Gansbaai is 'n klein plekkie en miskien kan die eetplekke en koffieplekkies beter adverteer. Fynbos Coffee Shop is 'n juweel met vriendelike diens en eet gerus vis by The Great White House."
"Visited Penguin sanctuary, market at the library, Kleinbaai White Shark cage diving, Gansbaai harbour and Panorama. Walks around the lagoon and on the beach. Sadly some people are not friendly in Gansbaai."
"Vir diegene wat nie wil haaihokduik nie, blyk Gansbaai nie baie ingestel te wees op toeriste nie. Die dorpie is baie sout-van-die-aarde, maar daar is heelwat lekker eetplekke en al die geriewe soos OTM's, vulstasies en winkels sodat jy nie hoef te sukkel om enigiets in die hande te kry nie. Vir onopgesmukte mense is dit 'n lekker dorp vir 'n vakansie. Vir mense wat bietjie neus-in-die-lug is, bespreek eerder in Hermanus."
"Gansbaai is a small, coastal dorpie that goes really quiet when the sun goes down, so if you are wanting a great nightlife, then this will not be a destination for you. It's a perfect place to calm your mind and destress."
"Ons het Gansbaai, De Kelders vir die eerste keer besoek en was baie beïndruk met die dorpie. Ons was in Gansbaai self ook. Die see slaan jou asem weg so mooi is dit. Ek sal beslis weer Gansbaai toe gaan."
"Rustig, mooi en skoon dorp met minstens 2 uitstekende eetplekke. Baie gawe mense."
"Baie oulike plek, met genoeg winkels as jy iets benodig. Lekker visvangplekke vir die vissermanne."