Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 3060 reviews.
"Ek was verbaas om so mooi dorpie te sien, my eerste keer, en is regtig 'n pragtige plek. Sal beslis weer gaan besoek."
"Dinokeng is 'n geskikte reservaat vir 'n naweek wegbreek. Moet nie verwag om die Groot 5 aan te tref nie en moet ook nie enige plek ry as jy nie die geskikte voertuig het nie. Die klein plaas grondpaadjies kan plek-plek jou kar beskadig. Vir wildkyk gaan eerder Pilanesberg of Kruger toe - as jy net by jou kamp wil rus is Dinokeng die regte opsie."
"Ons was vir mediese redes in die area en kan dus nie veel oor toerisme van die area kommentaar lewer nie. Dit lyk wel of dit baie sentraal is vir die Gautrein en ander ander toeriste-attraksies. "
"Meyerton is 'n klein dorpie wat nie te ver is van die stad se gejaagdheid nie. Jy moet vooraf beplan wat jy graag wil doen, maar daar is plekke om te besoek en dinge wat jy kan doen sonder om vreeslik ver te ry. "
"We enjoyed our stay very much. The town is small, but everyone is so friendly and welcoming! One bit of advice ─ visit Cullinan over the "Thursday to Sunday" period. We were there on a Monday and Tuesday and most of the tourist shops and restaurants were closed."
"Close to Shopping Centres and attractions in area. Close to Lanseria Airport and not to far from O.R. Tambo. "
"Dinokeng het regtig geldelike inisiatiewe nodig om te probeer om groter wild en meer katlewe in te kry, mens betaal dieselfde en soms meer as die Krugerwiltuin om te probeer om in die natuur te ontspan en nie so ver te ry daarvoor nie, maar dan is daar geen sig van leeus of cheetahs nie omdat die getalle verskriklik min is. Dit is bietjie teleurstellend want mens doen moeite en dit kos geld om so naweek weg te kom en dan sien jy net blaarvreters."
"Pragtige deel van die land. 30 km vanaf Pretoria. Stop gerus ook in Cullinan op pad soontoe, pragtige deel in die dorpie gemik op toeriste met skagtoere en Zipline ry. Gaan soek vir die hekke na die Dinokeng Game Reserve. Hulle word aangedui as SDR “Self Drive Route” R80 per person vir conservation fund en R150 vir die kar. Daar is sekere roetes wat geskik is vir 4x4, maar die ander paaie kan deur ‘n gewone kar gery word alhoewel ek dink dis meer geskik vir SUV. "
"Het regtig nie geweet daar is soveel mooi plekke beskikbaar in Dinokeng nie - naby die huis en regtig die kort rit werd."