Geverifieerde Resensie
George
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in George bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1016 resensies.
"Baie naby aan al die gewilde strande. Asemrowende naruurskoon. Pragtige berge."
"Opvallend skoon en netjies. Baie vriendelike, hulpvaardige personeel waar jy ook al gaan."
"Die ideale omgewing met pragtige strande, baie toeriste-aantreklikhede en vriendelike mense."
"Ons was baie beïndruk met George, hulle publieke vervoer en die algemene netheid van die dorp. 'n Voorbeeld vir almal."
"Baie van die restaurante maak vroeg toe en nie baie strande wat kindervriendelik is nie."
"Was teleurgesteld met die agteruitgand van Victoriabaai se strand. Dit lyk oud en afgeleef. Wildernis was baie beter."
"George is baie besig gedurende Desembermaand, maar ons het dit steeds geniet en is dit gerieflik geleë aangesien Sedgefield, Knysna, Hartenbos en Mosselbaai nie so ver is nie. Daar is soveel om te doen en te sien. Kuier was heerlik in George!"
"Puik bestemming met wye verskeidenheid besienswaardighede en doendinge. Baie skoon en netjies. Met een woord, asemrowend."
"George is centrally located within easy reach of Herolds Bay and Victoria Bay as well as Wilderness and Sedgefield, a very clean but extremely busy town."
"Apart from the pretty golf course, we were quite disappointed with George."
"Perfek vir 'n laidback natuurgevulde vakansie met alle nodige winkels en restaurante as addisionele ekstras."
"Baie lekker omgewing. Ek het dit baie toeristevriendelik beskou en die plekke was baie maklik om te vind."
"Besienswaardighede is die treinmuseum en treinjierit op na berge asook RedBerry Farm."