Geverifieerde Resensie
Hibiscus Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hibiscus Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1623 resensies.
St Michael's-on-Sea, Hibiskuskus
Fairway Guest Lodge"Great if you are looking for a place to relax."
"Mooi skoon strande en maklik bekombaar by voertuig of te voet. Goeie dienste dankie."
"Absolutely excellent! Excellent security, clean layout, friendliness and everything you need for a perfect break! "
"Ramsgate is 'n baie lekker plek om vakansie te hou. Lekker klein en nie so besig soos Margate nie."
"Goed geleë en kry baie besoekers deur vakansie. Wil net meer goeie eetplekke soek in dorp."
"Dis 'n klein, intieme strandjie - dit was regtig heerlik om te kon voel jy's op 'n eiland, weg van almal en geen geraas! Dit was lekker om die hele strand vir onsself te kon hê! Daar is nie baie sulke plekkies oor nie, so dit was 'n bonus!"
"Margate het redelik baie agteruit gegaan die laaste paar jaar. Wat dit wel (volgens my) red is die beter, stiller en skoner strande rondom, soos Ramsgate en Marina Beach."
"Baie goed. Alle geriewe soos veilige strande en inkopiesentrums naby. Besienswaardighede soos Oribi Gorge, Lake Eland Park en wildtuin naby. Sal definitief weer daar vakansie gaan hou."
"Die hele Ramsgate omgewing gee mens die gevoel van weg van die gewoel wees en bied rustigheid en vrede vir jou siel. Die ligging stel jou in staat om te beplan of jy na 'n besige strand, 'n winkelsentrum, woelige naglewe, of natuur of dieper die binneland in wil gaan. Al die moontlikhede met die wete dat jy later kan terugkeer na die kalmte en rustigheid van Ramsgate, die perfekte vakansie-bestemming."
"As jy rustigheid soek is dit heerlik en dit is tog naby Shelly vir shopping en aktiwiteite."