Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11431 reviews.
"Mens kan sien die dorp is onder druk van sosiale probleme. Maar bly 'n geskiedkundige bakermat. Huise mooi gerestoureer. Sal waarskynlik behoue bly."
"Die dam is ongelooflik, maar een dam lyk soos die volgende. Die verblyf langs die rivier was meer as die moeite werd."
"Klein dorpie, maar die diens maak beslis op daarvoor. Ek was bietjie bekommerd oor die motor se veiligheid, maar hulle het CCTV wat aktief monitor. Ek sal beslis in toekoms 'n plan maak om te sien hoekom die mense so vriendelik is."
"The town are so lovely and clean. Town are very quite and few people we saw are very friendly."
"Was erg warm 41 C, 'n afkoel in 'n swembad/plaasdam sou beslis 'n wenner wees."
"De Rust is bietjie uit die pad uit, veral as jy as toeris wil wees. Hoe meer mense deur die dorp kan ry, hoe meer sal klein besighede oop kan bly en hul dra in die wintertye."
"Die klein Karoodorpie is seker die rustigste en skoonste dorp in die Karoo. Dit kom altyd voor of die mense van Vosburg weet waaroor die lewe eintlik gaan en dit ook daarvolgens lewe."
"Colesberg is helaas vir my nie veel meer as 'n stopplek vir mense wat heen en weer tussen die Kaap en die Noorde ry nie. Ek was te moeg na 'n dag se gery om die skaaptjops te gaan soek waarvan mense my vertel het."
"Dorp onnet en redelik vervalle. Kan verstaan dat Covid 'n impak gehad het, maar kry indruk dat almal opgegee het. Dink besigheidseienaars moet terugploeg om dorp netjies te kry. Dit sal ook help met werkloosheid. Goeie ligging tussen Gauteng en Kaap."