Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11431 resensies.
"Besoek aan die NG Kerk met die hoogste toring in die Suidelike Halfrond en Marguerite Beneke se glaswerkgalery is absolute moet. Die dorp se tuinhekkies is vreeslik mooi en kreatief."
"Ek was aangenaam verras met De Aar en het geniet om meer van die dorp te sien."
"Besoekers aan Graaff-Reinet moet beslis Camdeboo Nasionale Park besoek, en meer spesifiek die Valley of Desolation. Verdermeer, as tyd dit toelaat, 'n uitstappie na Nieu-Bethesda sal ek hoog aanbeveel. "
"Die hotel se diens (eet) en gehalte van kos is swák. Swartberg arms se diens (kos) en gehalte ook swák. O Olive baie goed."
"Oulike plek met baie te sien as jy die moeite doen om daardeur te stap. Netjies."
"Wanneer mens deur Victoria Wes reis, besef mens glad nie dat dit eintlik 'n pragtige dorpie is nie. Ons sou bitter graag nog 'n bietjie langer wou vertoef om die dorpie verder te verken. Ons was aangenaam verras."
"'n Lifelike dorpie waar mens gerus vir 'n ekstra dag kan oorbly. Camdeboo Nasionale Park is definitief 'n besoek werd, asook die Groot Kerk. "
"Hulle kan gerus die strate teer. Dit kan net goed wees vir die dorp en die toeriste."
"Dis 'n skoon dorpie en mens kan rus. Anders as die die dam is daar nie aktiwiteite nie. "
"Joubertina self is hie werklik 'n toerismebestemming nie. Daar is darem plek om brandstof te kry en 'n winkeltjie of twee om die nodige dingetjies te koop. Dis meer die Kouga-vallei rondom Joubertina wat die groot aanloklikheid is."
"Ons het meer net oornag en was glad nie in die dorp De Rust nie. Nie werklik die onmiddellike toerisme gaan verneem nie. Volgende keer! "