Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11422 resensies.
"Ons het dit moeilik gevind om 'n goeie eetplek in Beaufort-Wes te vind. Die beste uit die opsies wat ons sover probeer het was die Vleis Deli oorkant die Shell garage, waar mens jou eie vleis by die slaghuis kan kies en dan braai hulle dit vir jou."
"Die dorp het 'n ryk historiese erfenis met 'n hele aantal tipiese Karoo-huise wat ten alle koste bewaar moet word. Sedert ons vorige besoek in 2008 het die dorp ietwat agteruit gegaan en lyk van die ou geboue meer bouvallig. Wat het van die Teater geword en is die ou hotel nog in gebruik? Die St John the Evangelist kerk gaan agteruit en moet dringend aandag kry. Bewaar die argitektoniese erfenis en moenie toelaat dat die dorp verwaarloos word nie! "
"Baie lekker wyn by Soetkelkers, heerlike cappuccino by die hotel en 'n baie skoon dorpie. Ons derde besoek aan Prins Albert en sal dit weer doen."
"Op ons gasvrou se aanbeveling het ons by 4 Sheep gaan eet wat reg by die Caltex motorhawe is. Ons het die aandete so geniet dat ons eers weer die volgende oggend daar ontbyt gaan eet het. "
"As mense nie hul eie aandete wil voorberei nie - hulle moet weet van die Country Café, Wine Shop, Food Store and Restaurant by die Transkaroo Country Lodge in Britstown self. Dit is 'n absolute verrassing in so 'n dorpie."
"Karoo Nasionale Park is die ding om te doen. Vriendelike personeel, goed versorgde park en goeie snuisterywinkel met 'n koue bier as bonus! "
"Het laat in Graaff-Reinet aangekom om enige besienswaardighede te kon besoek. Die gedeelte wat ons wel kon sien het beslis aangedui dat dit 'n pragtige dorp is."
"Maak gerus 'n draai by die Vallei van Verlatenheid. Pragtige stuk natuur en mooi versorg en bewaar deur Nasionale Parke. "
"Dele van die dorp lyk vervalle. Historiese begrafplaas met grafte uit Anglo Boere oorlog in baie swak toestand. Lekker restaurante, interessante boekwinkels."
"Enige trotste Suid-Afrikaner behoort moeite te doen om ten minste een maal in sy lewe Graaff-Reinet te besoek. Dit is 'n pragtige, skoon dorp met 'n ryk geskiedenis met seker die mooiste kerk in Suid-Afrika. Dit is my derde besoek aan Graaff-Reinet en ek sal dit beslis weer besoek."
"Juweel van die Karoo! Fantastiese wyse om die nostalgie van die platteland te beleef."