Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11422 resensies.
"Pragtige ou dorpie wat tot 2 eeue terugdateer. Hoewel oud, nie 'n spookdorpie nie, maar goed onderhou om die reisiger te akkommodeer. Baie besienswaardighede en rustige atmosfeer. Die gewone reisiger jaag net altyd deur op sy reis. Maar ek beveel aan om hier te stop en die omgewing te verken."
"Colesberg is mooi halfpad op pad na die Kaap en 'n goeie rusplek voor jy verder reis Kaapstad toe of Gauteng toe."
"Lekker dorpie om in rond te loop en spesiale geskenkies en aandenkings te koop. 'n Mens het tyd nodig om alles te ontdek en geniet."
"Het verblyf gekry by Toverberg. Gulhartige verwelkoming, lieflike skoon - spierwit beddegoed, lugreëling, veilige parkering kon met gemoedsrus 'n goeie nagrus hê. Heerlik uitgerus en volgende oggend vertrek."
"Ek was aangenaam verras oor hoe skoon die dorpie is, definitief potensiaal vir toeristebestemming."
"We only spent an evening, but the town was clean. People were friendly and service was efficient."
"An interesting town with good food supplied by Sophie's Choice. We could even get alcohol free beer there!"
"Dit is te klein om iets te doen, maar dis 'n goeie halfwegstop as jy ver reis."
"Naby Karoo Nasionale Park - Kan dus 'n dagbesoek daaraan bring. Rustige en geskiedkundige dorpie wat alles voorsien wat 'n mens kan nodig kry. "
"Voel die infrastruktuur is besig om agteruit te gaan! Lyk nie of daar onderhoud gedoen word, ligte bo by die uitkykpunt is alles uitgebreek."
"Sal weer Graaff-Reinet wil besoek! Dit is 'n baie skoon dorp."
"Pragtige area, het die "Valley of Desolation" gaan sien. Moeite werd! Sal graag langer wil bly in Graaff-Reinet."
"Dit is 'n baie stil dorp. As jy weg wil kom van alles en almal, sal dit die plek wees."
"Ons het van die eetplekke geskakel om kos te bestel en geen antwoord die Sondagmiddag tot die aand gekry nie. Jy is moeg van die aanmekaar ry, en wil nie nog op en af ry opsoek na kos nie, veral as jy nog bejaard is. Stedelinge is bederf en gewoond aan diens op Sondae by eetplekke. KFC se diens het daarvoor vergoed."