Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11392 reviews.
"Ons het Beaufort-Wes besoek omdat ek daar grootgeword het. Ek was geskok dat die middedorp so verval het. Misdaad is aan die orde van die dag! Die omgewing waar ons tuisgegaan het was egter goed versorg en ons het daar veilig gevoel! Die Karoo in die groot geheel het nie sy bekoring verloor nie! Ek sien uit na ons volgende besoek!"
"Beslis 'n toeristebesoek werd. Gasvryheid oral waar ons aandoen en altyd 'n welkome stilhou-bestemming. Die ideale stop vanaf of op pad Kaap toe."
"As jy nog nooit Victoria-Wes besoek het nie, is dit 'n goeie oornagbestemming tussen Gauteng en die Kaap."
"Nieu-Bethesda het ons verras. Pragtige kerk, mooi omgewing, die Uilhuis is uniek. Sal beslis weer besoek!"
"The big attraction of the Owl House was what it was but not my sort of thing. Just loved the smallness of the village and how it survived before becoming a tourist attraction. Pity about the Village Inn which was the only place to eat. "
"Goeie geskiedkundige dorpie. "Our yard" is 'n goeie en lekker eetplekkie. Great koffie vir die oggend se vroeg op en ry."
"Oulike en vriendelike dorpie en dit word meestal besoek vir oornagverblyf vir reise na die Weskaap. Baie oulike restaurante met heerlike etes en vriendelike personeel. Ook 'n paar oulike winkeltjies."
"Pragtige dorpie vir 'n wegbreek naweek. Daar is werklik iets vir almal om te doen. Ons het veral die "ghost walk" baie geniet."
"Swartbergpas 'n belewenis. As jy by padveiligheid hou is daar niks te vrees nie. Sou graag langer wou bly om Prins Albert meer te verken. Ons sal beslis terugkeer om Prins Albert en omgewing beter te wil leer ken."
"Definitely visit the Waterwiel Bakerei, authentic Karoo baked goods and small meals. Delicious!"
"Pefekete oorstop plek, was 'n een nag oorstop, geen idee wat in die omgewing te doen is nie."
"Gariepdam is regtig baie gerieflike plek om oor te slaap veral as mens tussen die Kaap en Johannesburg reis. Dis mooi, skoon en die restaurante is ook baie goed."
"Oulike dorpie maar ons het ongelukkig nie tyd gehad om behoorlik die dorp te verken nie, maar Janina het ons vertel van die geskiedenis."
"Very small town with nothing really to see, but Croydon was a very convenient overnight stop for traveling through. Peaceful and beautiful garden"
"Elke keer as ek dit besoek is dit spesiaal. Geskiedkundige besienswaardighede is wonderlik."
"Kan sommer na al die winkels en eetplekkies toe stap. De Rust "sluit" om 17h00. Maak seker dat jy voor sluiting jou bestellings afgehaal het. Dankie aan SPEKBOS Restaurant wat ons tegemoet gekom het en 'n heerlike Schnitzel vir ons voorberei het."