Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11282 resensies.
"As my first overnight stay, I was pleasantly surprised by availability of good quality and reasonably-priced accommodation."
"Pragtige dorpie aan die voet van due Swartberg. Klein entjie van die natuurskone Meiringspoort."
"Gariepdam omgewing die beste vir vakansiegangers of net 1 nag-oorslapers. Sal aanbeveel vir elkeen wat daar verby ry."
"Die uitsig oor die dam is ongelooflik mooi. Die klein dorpie se mense is vriendelik en behulpsaam en dit was vir ons 'n wonderlike belewenis en ondervinding."
"Prins Albert is 'n plek waar 'n mens dae lank kan kuier by al die eetplekke en winkeltjies."
"Een van die min Karoo dorpies waar inwoners hul bes doen om nie die dorp te laat verval nie."
"Dit is altyd lekker om in Beaufort-Wes oor te slaap en daar is baie om te doen indien jy tyd het."
"Dis 'n klein dorpie met paar oulike eetplekkies - maar een middag is genoeg om daar te spandeer."
"Die dorp is definitief baie skoner as toe ons in 2019 daar deurgery het. Strate is skoon, min bedelaars op straat (hoop hulle het vir hulle skuilings gereël). Sal graag volgende keer bietjie langer wil bly en weer die dorp deurkruis en by die museum aangaan en 'n paar van die nuwe restaurante wil probeer. Daar was beslis effense vooruitgang die afgelope 2 jaar in die dorp."
"Die dorp het al ons verwagtinge oortref met kuierplekke, besonderse kunsgalerye en gawe inwoners."
"'n Pragtige, landelike dorpie met sy eiesoortige boustyl. Ons het heerlik uitgeëet by The Rude Chef."
"Nieu-Bethesda is vol verrassende geskiedenis en plekke, veral eetplekke. Die groot attraksie is natuurlik Helen Martins se Uijlenes. Daar is heelwat kunsgalerye en selfs 'n boekwinkel. Die padstal by die ingang van die dorp is beslis n besoek werd (en om kerrie-afval op mieliegruis te eet). Ontdek die dorp op voet en loop by die bierbrouery in om 'n koue bier weg te slaan."
"Ongelukkig is die Karoo vir meeste reisigers slegs 'n oorslaapgeleentheid, wens ons kon langer kuier veral deesdae met die verskeidenheid van akkommodasie van sakpas tot luuks op dorpies en plase beskikbaar."
"Ons het net een nag oorgeslaap. Baie vriendelike mense. Veilige omgewing. Inwoners is baie behulpsaam."
"Beaufort-Wes in opsig self is nie 'n fantastiese toerismebestemming nie. Die dorp is duidelik onder swak munisipale bestuur. Baie boemelaars en hawelose mense op straat wat lastig is. Daar is wel uitstekende gastehuise en oornagplekke wat handig is vir 'n lang reis Kaap toe."
"Om te gaan rus definitief 'n moet, maar met kinders sal dit nie werk nie. Maar dit was 'n belewenis."