Geverifieerde Resensie

Klein Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klein Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1910 resensies.

Montagu, Klein-Karoo

Koo Karoo Guest Lodge & Self-catering

"Pragtige dorp. Baie rustig so tussen die majestueuse berge. Sal verseker weer daar besoek aflê."

De Rust, Klein-Karoo

Meijer's Rust Farm

"Die dorpie De Rust bied goeie verblyf en interessante winkels en eetplekke. Daar is 'n vulstasie, maar die plek se voorkoms laat veel te wense in 'n mooi dorp soos De Rust waar baie besoekers aandoen. "

Montagu, Klein-Karoo

360on62 Mountain View Farm Cottages

"Een van die mooiste dorpe in die Wes-Kaap."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Oakdene Guest House

"Beslis 'n besoek werd."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Oppi Dam

"Die dorp het dadelik ons harte gesteel en ons kan nie wag om weer te kom kuier nie. Mense is vriendelik en behulpsaam en dorp is silwer skoon. Wat 'n plesier!"

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Die Fonteine Country Guest House and Glamping

"Dorp is netjies en baie sentraal geleë. Om regtig waarde vir jou geld te kry sal 'n twee weke verblyf te kort wees want daar is so baie om te sien vir almal. Van historiese gedenkwaardighede tot eetplekkies ens. ens. ens. Ek sal weer 'n draai in Oudtshoorn maak."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Earthbound Guest House

"Daar is baie om te doen en daar is oulike plaaslike restaurante om by te eet. Die dorp is ook baie skoon en netjies."

Montagu, Klein-Karoo

Airlies Historical Guesthouse

"Mooi skoon dorp en baie eetplekke."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Karoo Soul

"Oudtshoorn is 'n goeie basis vir talle aktiwiteite in die omgewing."

Montagu, Klein-Karoo

Montagu Vines Guesthouse

"Hierdie dorpie het my hart gesteel! Dis pragtig en silwer skoon. Ou sjarme begroet jou om elke hoek en draai."

Montagu, Klein-Karoo

Anchorage Inn Guesthouse

"Ek is mal oor Montagu as toeristebestemming. So baie mooi plekke om te besoek. Ons het geëet by die Montagu Hotel en dit was 'n wonderlike ervaring. Sowat van goeie diens en voortreflike kos. Daar is soveel te sien wat kuns en handwerk aanbetref in Montagu en die omgewing is ook mooi. "

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Queen’s Hotel by BON Hotels

"Verkeersbeamptes was hulpvaardig om 'n vreemdeling by sy regte bestemming te bring tydens KKNK. Die besoek aan Oudtshoorn was 'n aangename ervaring. "

De Rust, Klein-Karoo

The Travelling Tortoise Retreat

"Talle interessante sien, doen en eet-dinge!"

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Greeff Cottages

"Oudtshoorn is die perfekte bestemming vir families met klein kinders. Ons was veral beïndruk met die natuurskoon en variasie van aktiwiteite in en om Oudtshoorn. Ons wou bietjie wegkom van die bekende vakansie dorpe en stede, en Oudtshoorn was 'n baie goeie keuse. "

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Aloe Manor

"Pragtige dorp, wonderlike mense en fantastiese KKNK 2016!"

De Rust, Klein-Karoo

The Travelling Tortoise Retreat

"De Rust se gasvryheid is alom bekend. Stop, staan oor, beleef, loop van die een interessante plek na die volgende en jy sal die kultuur van De Rust saam met jou neem. Dankie De Rust en die inwoners vir julle vriendelikheid en gasvryheid."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Swartberg Backpackers

"Baie dinge om te doen, sal definitief weer moet gaan om nog meer te doen. "

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Wilgewandel Holiday Farm

"Al die besighede was beskikbaar en het al die voorraad gehad wat ons benodig het. Dankie vir 'n wonderlike vakansie! Ons sien weer."

De Rust, Klein-Karoo

House Martin Lodge and Self Catering

"Pragtige omgewing en vriendelike mense."

Montagu, Klein-Karoo

Kogman & Keisie Guest Farm

"Dit is 'n pragtige dorp met baie geskiedenis, en die moeite werd om te besoek."

Montagu, Klein-Karoo

Montague 4 Seasons

"Pragtige, skoon en netjiese dorp."

Montagu, Klein-Karoo

Anchorage Inn Guesthouse

"Beautiful town, very clean and the people very friendly. Worth a visit."

Montagu, Klein-Karoo

John Montagu Accommodation

"Ons is mal oor die plekkie en sal beslis weer daar 'n draai gaan maak."

De Rust, Klein-Karoo

Meijer's Rust Farm

"'n Moet om uit te probeer!"

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Swartberg Backpackers

"Oudtshoorn is 'n baie mooi, klein dorpie."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Kranskloof Country Lodge

"Baie mooi plek met baie mooi toeriste-oorde."

Blad
Blad 60 - Wys 1771 tot 1800
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang