Geverifieerde Resensie
Kleinmond
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kleinmond bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 310 resensies.
"Ons het baie lekker in Kleinmond gekuier. Dis 'n baie mooi en rustige kusdorpie, naby aan heelwat besienswaardighede in die omgewing, en met alle geriewe wat nodig is vir inwoners en besoekers."
"We have been coming to Kleinmond for 20 years to visit family and it is one of the most beautiful places we know."
"Stil rustige dorpie, baie skoon die see is loopafstand, die parkie by die see is baie ideaal vir die hele familie."
"Legio opsies vir ervaring in natuur en eetplekke van puik gehalte en vriendelike diens."
"Dis 'n lekker dorpie met vriendelike mense, groet jou en gesels. Daar was lekker weer en ons het die plek plat gestap."
"We used it as a location to be close to Hermanus and surrounding areas. Kleinmond itself does not have much activities/restaurants."
"Beautiful little village that is clean, quiet and well worth visiting. Friendly community."
"Baie oulike dorp en winkels, onder andere die gewilde "Blou Bakkie". Hou van hulle gepaste leuse: Ons (die boergemeenskap) bring die plaas na die see."
"Definitief 'n bestemming wat die moeite werd is om te besoek en dis nie te ver van die Kaap."
"Heerlike, toerismevriendelike dorp en asemrowende natuurskoon met die pragtige berge en see."
"Sadly there was no "walking in the fynbos" due to the damage done by the fire. However no one can be blamed for that."
"Kleinmond is so mooi en daar is so baie om te doen. Geniet die winkels by die hawe, veral Oupa se Boekwinkel. Stap langs die see hawe toe en sit op 'n bankie en geniet die uitsig. Emma's vis en chips is baie lekker!"