Geverifieerde Resensie
Marloth Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1908 resensies.
"Dis 'n woondorp in die bos. Jy kan op 'n bank langs die rivier sit en uitkyk oor die wildtuin."
"Marlothpark is 'n heerlike oorblyplek vir ontspan en besoeke aan die Wildtuin. "
"Ons is baie lief vir Marloth Park. Heerlike boswegbreek met diere oral. Die grens teen die Kruger Wildtuin sorg altyd vir die een of ander raaksien van diere. Die beskikbare restaurante, supermark, slaghuis en sekuriteit maak dit 'n baie gerieflike, bekostigbare keuse."
"Bly om te sien sekuriteit by die hekke het verbeter, laat mens meer veilig voel."
"Sommige mense in winkels teëgekom wat daar werk ondanks hulle moet en nie omdat hulle wil nie."
"Pragtige plek en omgewing. Sal julle beslis weer wil besoek en, wie weet, dalk 'n aftreeplekkie koop."
"Paradys. Mense wie nie opregte liefde en respek vir diere, wild of mak, het nie, moet assseblief nie hierheen kom nie!"
"Altyd aangenaam om daar te kuier, personeel is baie vriendelik en behulpsaam. Van die paaie kan miskien so bietjie aandag kry, ek weet na erge reën verspoel hulle maar. 'n Skraper oor die pad sal dalk help."
"Sal voorstel die ingange word strenger beheer en werker voetgangers beperk word tussen deur huise. "
"Ons geniet Marloth elke keer. Beslis een van ons gunsteling bestemmings."
"Aanbeveling. Vra vir 'n kaart van Marloth Park as jy 'n vreemdeling is. Verdwaal maklik tussen klein grond paadtjies en bosse wat almal eenders lyk!"
"We have used Marloth Park as a base to the Kruger a number of times over the years. Every time a "winner". "
"Die ideale plek om die natuur te geniet en te ontspan. Dit was 'n goeie wegbreek van die stad se geraas. Die algemene diens by Marloth Park se ingang was baie goed."
"Ek dink Marloth is die ideale wegbreekplek. Ons het grond daar en besluit nou om te gaan bou."
"Marloth Park is beslis 'n bestemming vir bosliefhebbers. Die winkels het alles wat jy nodig het en pryse is billik."
"Marloth Park is 'n rustige omgewing waar mens die natuur kan geniet en selfs 'n bietjie gaan stap of fietsry in 'n veilige omgewing. "
"Baie rustige plek om te kuier, dis net die winkeltjies binne Marloth Park wat baie, baie duur is."
"Die eetplekke is baie duur. Daar is nie genoeg eetplekke nie. Die padaanwysings kan aansienlik verbeter. As toeristebestemming sou ek voorstel dat mense eerder binne in die Kruger wildtuin bly, anders gaan jy nooit kan ingaan nie. Ons het Malalane en Crocodile hek probeer 06:00 die oggend en dit was vol, en al die dag besoekers was weg gewys. So ons moes Numbi toe ry, wat 2 ure se ry is van Marloth park. Ons kom van Pretoria af so dit maak nie sin om 5 ure te ry, net om 2 ure terug te ry om te kan ingaan by die Kruger Wildtuin nie."