Geverifieerde Resensie
Nieu-Bethesda
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Nieu-Bethesda bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 638 resensies.
"Oulike dorpie met baie om te doen. Inwoners is baie gaaf en bekend met die area, ten einde gaste te kan verwys na ander besienswaardighede, rigting te gee of eetplekke voor te stel."
"This was my second visit and my partner's fourth and we both found the the town not as charming as before, which is a pity as it has a lovely setting."
"Dis nie 'n besige dorp nie. Verstaan dit en alles val in plek. Raak rustig en besoek dit wat oop is, en die Uilhuis. Stone People is ook die moeite werd. Boetie se Pub. En kyk op na die sterre in die nag."
"Lieflike dorp. Besoek gerus Ibis Lounge, probeer die Karoo experience op die spyskaart. "
"Die dorpie het 'n unieke bekoring en beslis 'n plek waar mens dinge verskillend ervaar. 'n Besliste plek op jou wenslys. Daar is iets vir almal."
"'n Pragtige juweel van 'n dorpie wat baie meer bied as net die Uilhuis. Stap deur die strate, ry op die donkiekar en geniet alles wat die dorp bied."
"Such a quaint, friendly and interesting place. What a lot to see and do. Will definitely be returning."
"Interessante, rustige dorpie. Paaie in dorp kort beslis aandag. Word sterk aanbeveel vir die wat hart en siel wil herlaai. Dorp sal baat vind met apteek of kliniek vir noodgevalle."
"Die grondpaadjie was bietjie meer vir vierwiel-aangedrewe voertuie, maar alles wat so mooi en outentiek is, laat jou gou daarvan vergeet."
"I loved Nieu-Bethesda but hadn't had the chance to visit since 2005. So, it was wonderful to return and a relief to see that the village had not changed too much. The breweries still had the charm and good hospitality and great ales! The only disappointment was the atmosphere at the Owl House which has been converted rather disingenuously in my humble opinion. Fortunately, with the add-ons such as the seemingly displaced refined tourist shop, most of the original curated spaces have remained untouched. Furthermore, we experienced the staff at the Owl House as quite disengaging, this we felt was not conducive to a good Owl House visit."
"A place to come back to for sure. Who needs expensive spa's when there is Nieu-Bethesda?"
"Ons besoek Nieu-Bethesda ten minste een maal 'n jaar omdat die stilte en landelike atmosfeer ons heerlik laat ontspan. Alhowel klein en rustig is daar 'n wye verskeidenheid kreatiewe koffie en eetplekke en selfs 'n brouery. Die Uile-huis met Helen Martins se skeppinge is veral baie interessant."
"The grocery store should perhaps think of keeping fresh milk and a few ready-prepared meals for tourists. We would have appreciated both particularly on our day of arrival. Restaurants are good but some tourists can't afford to eat out each night."
"Dit was 'n verrassende lekker kuier. Jy moet minstens 2 nagte bly sodat jy genoeg tyd het om alles te besoek, tee of 'n bier te gaan drink en dan by elk van die verskeie restaurante te gaan eet. Voorwaar een van daardie plekke wat ek weer sal gaan kuier."