Resensies van Nieu-Bethesda

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Nieu-Bethesda bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.55 uit 5 gekry volgens 387 resensies.
Mariette H. - 31st December 2017
staying in Nieu-Bethesda
Plekname kort verf om bemarking te bevorder.
Francois G. - 30th December 2017
staying in Nieu-Bethesda
Fascinating and great escape.
Chantelle D. - 30th December 2017
staying in Nieu-Bethesda
Lekker klein dorpie met vriendelike mense en stories. Die sterrekyk kan mens vir niks verruil nie
Fanie B. - 28th December 2017
staying in Nieu-Bethesda
Wow! Ongelooflike ervaring gewees om Nieu-Bethesda te besoek! Uil-Huis was 'n hoogte punt, maar al die ander plekke was net so lekker. Die bier brouery was dit heerlik onder die bome!
Martin E. - 28th December 2017
staying in Nieu-Bethesda
Daar is geen vulstasie of teller, dus maak seker voertuig het vol tenk brandstof en genoeg kontant in die beursie.
Marius D. - 27th December 2017
staying in Nieu-Bethesda
Stunning plek.
Terssa C. - 26th December 2017
staying in Nieu-Bethesda
Selfoonseine is nie goed nie. Dit sal ook help indien meer plekke van 'n kaartstelsel gebruik maak om rekeninge te betaal aangesien nie baie mense meer groot bedrae geld saamdra nie.
Johan E. - 23rd December 2017
staying in Nieu-Bethesda
Nieu-Bethesda het al ons verwagtinge ver oortref. ‘n Ongelooflike ervaring.
Geurt B. - 23rd December 2017
staying in Nieu-Bethesda
Daar is twee plekke nl. die Uilhuis en Bethesda Art Centre (kleurling kunstenaars met uitstekende kunstige storielyn) om te gaan ervaar. Die ander kuns plekke blyk so arrogant te wees dat hulle nie in toeriste tydperk hul kunsgalerye hoef oop te maak nie.
Estelle J. - 21st December 2017
staying in Nieu-Bethesda
'n Aangename verassing! Stap terug in tyd. Die journey is deel van die bestemming. Geen beter plek om jou pad kus toe te breek as Nieu-Bethesda nie! Hoogs aanbevole!
Heleen E. - 20th December 2017
staying in Nieu-Bethesda
Nieu-Bethesda is 'n pragtige, netjiese Karoo dorpie
Anne-marie H. - 18th December 2017
staying in Nieu-Bethesda
'n Aanbeveling om die mooi eenvoud weer raak te sien en jou siel te voed.
Chantelle R. - 18th December 2017
staying in Nieu-Bethesda
Mal oor die plekkie. Baie interessant en ons eerste keer daar en sal vir seker terug wees.
Marius B. - 16th December 2017
staying in Nieu-Bethesda
Lekker om die rustigheid van die Karoo te kom ervaar.
Abel S. - 15th December 2017
staying in Nieu-Bethesda
'n Karoojuweel! 'n Gasvrye dorp wat is wat hy is, onopgesmuk en hartlik. Die Uilehuis 'n diep-dink en weer-dinkplek, maar verseker nie die enigste besienswaardigheid nie.
Phyllis D. - 13th December 2017
staying in Nieu-Bethesda
Baie interessante dorp met heelwat te sien en te doen.
Wallie L. - 2nd December 2017
staying in Nieu-Bethesda
Die dorpie is 'n uitstekende voorbeeld van 'n rustige Karoo dorp, weg van die hoofroetes. As sulks is dit 'n besoek waardig, afgesien van die bekendheid van die "Uil-huis".
Liezel W. - 27th November 2017
staying in Nieu-Bethesda
Enigste om die klein karoo dorpie te “voel” is om hom te kom ervaar. Hier waar tyd nog kom stilstaan het. Kos vir die siel.
Candice G. - 21st November 2017
staying in Nieu-Bethesda
Daar is "magic in the air"!
Jetske T. - 30th October 2017
staying in Nieu-Bethesda
Die boekwinkel is fantasties!
Johan S. - 10th October 2017
staying in Nieu-Bethesda
Dit is 'n interessante ou dorp met baie ou geboue wat redelik goed instand gehou word. Dit is baie rustig met 'n mooi omgewing. Moet nie alle geriewe van groter dorpe verwag nie maar die belangrikste is beskikbaar en daar is 'n paar goeie eetplekkies om van te kies. Die ideale plek om rustig te wees en te rus.
Nicolene J. - 10th October 2017
staying in Nieu-Bethesda
Die paaie in en uit Nieu-Bethesda is alles grondpad, en mens kan nie vinnig ry nie. Jy ry deur wildreservate so mens sien heelwat wild. Daar is terug nie 'n vulstasie of OTM nie, so wees voorbereid.
Ben B. - 6th October 2017
staying in Nieu-Bethesda
'n Groot pluim in die dorpie se hoed is die feit dat 'n mens en jou eiendom veilig is.
Jeanne D. - 5th October 2017
staying in Nieu-Bethesda
Nieu-Bethesda is 'n stil dorpie waar mens lekker sal kan uitrus, en sien ons beslis weer. Daar is 'n winkel op die dorp wat basiese kruideniersware voorsien, asook 'n hele aantal restaurante en eetplekke wat ons nie by kon uitkom nie. Daar is selfs 'n pizza eetplek! Die 24 km teerpad na die dorp, aan Graaff-Reinet se kant, word aanbeveel, en is toeganklik met 'n sedan motor. Die laaste 5 km is wel grondpad, maar dis in 'n goeie toestand. Ry stadig sodra jy vanaf die grootpad afdraai en geniet die uitsig.
Ben B. - 2nd October 2017
staying in Nieu-Bethesda
Verseker 'n bestemming om weer te besoek.
Jaco V. - 25th September 2017
staying in Nieu-Bethesda
Pragtige dorpie met 'n unieke bekoring.
Jan N. - 1st September 2017
staying in Nieu-Bethesda
Nieu-Bethesda is een van daardie moet besoek plekke. Dit het 'n ou wêreldse bekoring met lekker kuier en eetplekkies. Daar is 'n rustigheid in die dorpie met sy stofpaaijies. Almal is vriendelik en behulpsaam en maak die besoek soveel meer aangenaam. Wees bewus: daar is geen brandstof, OTM's of kaartmasjiene op die dorpie nie, alles streng kontant.
Bernie K. - 1st September 2017
staying in Nieu-Bethesda
Ongelooflike klein dorpie met soveel om te doen. Die plaaslike gemeenskap is so gasvry en warmte straal uit elkeen van hulle. Baie veilig en net die regte plek om lekker te ontspan met goeie restaurante.veral die Art Centre het uitstekende etes. Die Uile Huis is 'n moet om te besoek asook die brouery en rooster ook sy eie koffie bone. Wonderlike klein Karoodorpie wat ek weer wil besoek.
Linda N. - 7th August 2017
staying in Nieu-Bethesda
Regtig die moeite werd om van die hoofpad af te draai en te sien hoe 'n dorpie lyk waar die tyd gaan stilstaan het.
Memry L. - 7th August 2017
staying in Nieu-Bethesda
Pragtige dorpie, 'n moet besoekplek in Suid-Afrika. Kunstenaars mekka!
Wendy G. - 5th August 2017
staying in Nieu-Bethesda
We love Nieu-Bethesda! Such an atmosphere in the town, everybody so friendly, not to mention the peace and night sky! Great food and beer.
Johan F. - 1st August 2017
staying in Nieu-Bethesda
Beslis 'n besoek werd.
Johan M. - 31st July 2017
staying in Nieu-Bethesda
Dis teerpad tot en met die grondpad is so 5 km na die dorpie. Dis nie meer 'n grondpad en rof vol klippe weens geen instandhouding . Dus as jy nie 'n SUV het nie, neem dit maar stadig oor die klippe. Maak vol met brandstof en neem die nodige. Geen banke of petrolstasie in die dorpie nie.
Engela C. - 21st July 2017
staying in Nieu-Bethesda
Oulike dorp met interessante inwoners.
Juanita G. - 19th July 2017
staying in Nieu-Bethesda
Baie oulike plekkie. Net jammer al die besighede het toe gelyk en kon ons nêrens ingaan vir 'n besienswaardigheid nie. Dalk die koue, maar next time.
Estelle V. - 17th July 2017
staying in Nieu-Bethesda
Dis wonderlik om so 'n juweel diep in die klowe te vind! Mens kan sien dat die inwoners baie moeite doen en kapitaal belê om die dorp lewensvatbaar te maak. Ons sal beslis weer daar aandoen.
Jannie V. - 17th July 2017
staying in Nieu-Bethesda
Beste plek in die land om eenvoud te beleef, weg van alles en almal.
Erika V. - 17th July 2017
staying in Nieu-Bethesda
Pragtige dorpie, maar mens word oorweldig deur die aantal eetplekke! 'n Algemene handelaar sal welkom wees (het een gesien, maar dit was nie oop nie).
Lien M. - 14th July 2017
staying in Nieu-Bethesda
Daar is heelwat om te doen en te sien op Nieu-Bethesda en mens het meer as een dag nodig om alles in te neem. Ek beveel die bestemming vir baie mense aan om te gaan ervaar en ontdek.
Louis J. - 6th July 2017
staying in Nieu-Bethesda
Pragtige plek met vriendelike mense.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za