Resensies van Nieu-Bethesda

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Nieu-Bethesda bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.55 uit 5 gekry volgens 387 resensies.
Crizette V. - 28th November 2016
staying in Nieu-Bethesda
Go and experience the fossils as well! Very interesting and great guide.
Eureka B. - 21st November 2016
staying in Nieu-Bethesda
Die dorpie kort beslis meer kaartfasiliteite of ten minste 'n ATM. Dis nogal 'n skok vir die sisteem om nêrens geld te kon trek of 'n kaart te gebruik nie. Daar was net by die Uil-huis 'n kaartmasjien. Gelukkig is die mense in die dorp gaaf genoeg om kontant te gee wanneer jy 'n EFT doen.
Nico S. - 12th November 2016
staying in Nieu-Bethesda
Ons gaan baie Nieu-Bethesda toe, maar dit lyk asof die dorp besig is om agteruit te gaan wat baie hartseer is – veral die Two Goats Deli. Al besigheid wat vooruitgaan is Die Waenhuis.
Mardene V. - 3rd November 2016
staying in Nieu-Bethesda
Stukkie hemel op aarde! Beste plek om af te skakel en al die skoonheid te geniet.
Martin L. - 20th October 2016
staying in Nieu-Bethesda
Was nie my eerste besoek nie, en hopenlik DV ook nie my laaste nie!
Marié G. - 17th October 2016
staying in Nieu-Bethesda
'n Paar goedbewaarde geheime is daar verskuil: die bierbrouery en die eetplekke bied baie lekker produkte aan.
Thea-marie D. - 10th October 2016
staying in Nieu-Bethesda
'n Sielsverrykende ervaring. Sal baie graag weer wil teruggaan, en die stilte en dorpsgeluide gaan inasem. Karoo is 'n belewenis deur Nieu-Bethesda!
Carel B. - 6th October 2016
staying in Nieu-Bethesda
Die stuk grondpad tussen die teerpad van Graaff-Reinett na Nieu-Bethesda is in haglike toestand, nie goeie advertensie vir die dorp. Baie eetplekke en spesiale dorp met rustigheid, die Lorimar fietstoer was die moeite werd.
Carmi V. - 5th October 2016
staying in Nieu-Bethesda
Wat 'n mooi dorpie. Het 'n boek oor Helen Martins gelees op skool en wou nog altyd haar plek besoek. Was definitief 'n hoogtepunt wat deel gevorm het van ons vakansie!
Laurette H. - 4th October 2016
staying in Nieu-Bethesda
Ek het my hart op Nieu-Bethesda verloor! Dit is 'n pragtige Karoodorpie met vriendelike mense en is so rustig. Dit was lekker om vroegoggend 'n hoenderhaan te hoor kraai en saans kon ons nog veilig in die strate rondloop. Die Uilhuis en Helen Martins se hartseer verhaal was een van my hoogtepunte met ons besoek daar. Ek gaan beslis weer hierdie spesiale dorp besoek in die toekoms.
Wilna J. - 24th September 2016
staying in Nieu-Bethesda
Nieu-Bethesda bied baie meer as net die uilhuis. Dit is 'n pragtige dorpie om te besoek met puik verblyf en lekker eetplekke, maar ook baie rustig om net die natuur te geniet en te ontspan. Dit was ons tweede besoek, en ons sal verseker weer terugkeer.
Michael A. - 18th September 2016
staying in Nieu-Bethesda
The Owl House, Fossil Centre, Church and graveyard make the visit really worthwhile. Be prepared to pay city prices for most foods/beverages. The friendly bookshop is well stocked. The local crafters make good products and each tourist should support them
Magda D. - 3rd September 2016
staying in Nieu-Bethesda
Weliswaar 'n besoek werd in 'n mens se leeftyd. Wees voorbereid dat opsies vir aandete beperk is.
Christine L. - 24th August 2016
staying in Nieu-Bethesda
'n Groot verrassing. Die Uilhuis ongelooflik interessant. Die bierbrouery 'n wenresep en Jacob met sy donkierit 'n juweel. Naas Montagu, my gunsteling battery-herlaai-dorp.
Elrina O. - 23rd August 2016
staying in Nieu-Bethesda
'n Bonus is die toer deur die dorpie op Jakob van Staden se donkiekar. Kry gerus sy nommer by die Uilhuis en kontak hom. Dit was ons hoogtepunt! Hy het groot geword in die omgewing en ken die geskiedenis en die plek soos die palm van sy hand. Die Uilhuis is iets besonders om te besoek. Die dorpie is 'n lafenis vir die rustige reisiger. Skape en Perde loop in die dorpstrate rond. Van die winkeltjies is slegs oop gedurende hoogseisoen. Verskillende staproetes kan in die omgewing gedoen word. Sal aanbeveel dat daar meer as een aand oorgeslaap word. Pragtige murasies en ander opsies vir die entoesiastiese fotograaf. Tieners kan die dorpie dalk as bietjie stil ervaar, maar vir ons was dit 'n lafenis vir die siel!
Yolanda K. - 18th July 2016
staying in Nieu-Bethesda
Ons het by die gallery geëet, baie vriendelike, goeie diens met lekker boerekos.
Belinda . - 15th July 2016
staying in Nieu-Bethesda
Nieu-Bethesda was een van ons hoogtepunte van die 2 weke toer.
Helena M. - 13th July 2016
staying in Nieu-Bethesda
Die besoek aan die Uilhuis is verseker die moeite werd. Dis jammer dat daar nie meer aandenkings (behalwe vir die uile) te koop aangebied word nie.
Waldo K. - 11th July 2016
staying in Nieu-Bethesda
Beslis 'n besoek werd. Gaan kyk na die Uilhuis, drink 'n bier by die Sneeuberg brouery.
Heidi S. - 11th July 2016
staying in Nieu-Bethesda
Iets wat mens moet beleef.
Stefan M. - 30th June 2016
staying in Nieu-Bethesda
Baie klein, maar baie spesiaal en heeltemal iets anders.
Rene M. - 27th June 2016
staying in Nieu-Bethesda
Sal graag weer die dorpie wil besoek! Dit was 'n ervaring gewees om in die klein kroegie te sit en rugby te kyk en 'n vuurtjie te stook saam die locals van die dorp! Hartsmense gewees!
Russell W. - 17th June 2016
staying in Nieu-Bethesda
The owl house is all they focus on, which is the most depressing place in the Karoo, they really need to try focus on other elements. HIKING, WALKING, THE KOMPASS BERG/ FOOD and WINE.
Mathys D. - 15th June 2016
staying in Nieu-Bethesda
Meer mense moet die dorpie besoek.
Sandra C. - 21st May 2016
staying in Nieu-Bethesda
Oulike plek.
Karin C. - 9th May 2016
staying in Nieu-Bethesda
Vreeslike interessante dorpie met soveel potensiaal.
Ronel C. - 29th April 2016
staying in Nieu-Bethesda
Nieu-Bethesda is kos vir die siel. En die mense is almal so ongelooflik vriendelik en goed gemanierd.
Lizette H. - 19th April 2016
staying in Nieu-Bethesda
Verrassend interessant.
Douglas A. - 4th April 2016
staying in Nieu-Bethesda
The town is simply beautiful. We travelled through quite a few small Karoo towns and this one really epitomises the ideal. Quiet, relaxing and simple. The drive in and out were lovely and one really feels like you have left the rest of the world behind as you descend into the sleepy little valley. The locals were friendly and the restaurant we ate at (Karoo Lamb) was excellent. One night simply was not enough and I will definitely suggest a full weekend at least. One thing to note, of the three restaurants we enquired at, only the Karoo Lamb was licensed (with a lovely little pub round back). If you are planning on having a drink with your meal, it seems the unlicensed venues let you bring your own.
Angelique F. - 2nd April 2016
staying in Nieu-Bethesda
Ongelooflike ervaring. So rustig. Sal weer wil gaan, maar langer bly volgende keer. Mense is so vriendelik en dis 'n unieke dorpie.
Paul V. - 31st March 2016
staying in Nieu-Bethesda
Beslis 'n besoek werd.
Jaco D. - 28th March 2016
staying in Nieu-Bethesda
Besoek gerus die Dust Covers boekwinkel. Een van die beste tweedehandse boekwinkels wat ek al gesien het.
Esre L. - 24th March 2016
staying in Nieu-Bethesda
Lekker rustig. Kom beslis weer.
Alida M. - 3rd March 2016
staying in Nieu-Bethesda
Hierdie dorpie is vol stories, mooi dinge en 'n saligheid wat bekoor. Dit moet definitief deel van jou roete wees!
Rouxne J. - 22nd February 2016
staying in Nieu-Bethesda
Ons het die teerpad gevat, net die laaste entjie was bietjie sleg, baie klipperige pad en bygesê het ons in die reën daar aangekom. Ons het rondgeloop na die verskillende eetplekke, kuns en fossiele ook gaan kyk. Al die mense is baie vriendelik en verwelkomend en staan nie terug om vir jou meer van hul dorp te wys nie. Ons het dit as halfpad oorslaap gebruik oppad see toe, maar sal graag weer wil kom vir naweek wegbreek. Hoogsaanbeveel!
Louise V. - 18th February 2016
staying in Nieu-Bethesda
Die Uilhuis was definitief 'n hoogtepunt! Ons het vreeslik lekker gekuier en geëet op die Karoo Lam se stoep. Vreeslike vriendelike mense, ons wil definitief teruggaan.
Caroline B. - 20th January 2016
staying in Nieu-Bethesda
Dit is a juweel in die Karoo! Sal dit hoog aanbeveel vir enige iemand wat ooit deur die Karoo reis.
Amanda B. - 13th January 2016
staying in Nieu-Bethesda
Fees vir die oog en hart. Pragtige natuurskoon en dorp met ouwêreldse sjarme.
Helenus K. - 12th January 2016
staying in Nieu-Bethesda
Pragtige dorp wat op enige persoon se bucket list behoort te wees.
Angelique D. - 12th January 2016
staying in Nieu-Bethesda
Ongelooflike juweel van Suid-Afrika! Mense is kosbaar!

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za