Verified Reviews
North Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 1859 reviews.
"Het lekker gerus en is sommer naby alles. Puik plekkie vir enige iemand wat wil rus. Sal weer hulle diens gebruik."
"Dit is die mooiste plek! Die bome is almal gemerk met name op wat vir my baie goed was, want ek hou daarvan om te leer van nuwe boomsoorte wat ek nie ken nie. En die diere! Ons het tot renosters gesien!"
"Ballito as vakansie bestemming is een groot plesier. Van vriendelikheid, netheid van strande, sekuriteit en verblyf kon ek niks fout vind mee nie."
"St Lucia itself is beautiful and a good travel destination especially in winter when cold everywhere else in the country, but not in St Lucia!"
"Ons was 'n groot gesin en het vandat ek kan onthou minstens 1 keer per maand daar gaan visvang toe dit al was wat jy in St Lucia kon doen. Deur die jare het die plek totaal verander, maar wel ten goede. Ek kan verstaan waarom soveel toeriste die plek besoek - soveel om te doen en te sien en te beleef! Dit is steeds vir my 'n wonderlike wegbreek plek!"
"Die krokodilplaas het baie agter uit gegaan van ons laas in 2000 daar was. Die reservaat was beslis die moeite werd om deur te ry na die heerlikste swemstrand Cape Vidal!"
"Die swemstrand is gevaarlik vir kinders sonder toesig, maar vir ouer mense is dit 'n heerlike aftree-oord!"
"Bootritte is duur, blykbaar net gemik op buitelandse toeriste, kan gerus voorsiening maak vir plaaslike vakansiegangers."
"Meer vissermansparadys. Moeilik bereikbaar (grondpad). Mooi area, baie privaat. Lokale mense in nabyheid redelik vriendelik. "
"Baie vriendelike eienaars. Mooi ingerigte plekkie met 'n mooi uitsig! Gaan verseker elke jaar weer terug gaan."
"Traditional, beautiful little town. We went on a walk in the Dinza Forest, and had a Sunday lunch at the old Fort. Full of history, and full of greenery. Quaint and interesting town."
"Net buite die besige gewoel in Ballito en tog naby genoeg om gou daar te wees vir inkopies en ander restaurante."
"Was teleurgesteld met die voëllewe op die water, maar verder het dit aan alle verwagtinge voldoen. Kon ook agterkom dat pryse fokus op buitelandse toeriste. "
"Die deel is volgens ons een van ons land se kosbaarste dele, bewaar asseblief die gebied ons wil weer kom. Dit is 'n moet vir iemand wat die natuur in sy ongerepte vorm wil sien en geniet."
"Mtunzini is 'n voëlkykersparadys! Selfs in die Winter is dit 'n heerlike dorpie om te besoek."
"Clean and safe beach. We loved our walks and swims at this beach. Only missed beach equipment from our apartment that was not included in the rent."
"Shaka's Rock is a lovely little town outside the fuzz and buzz of the bigger towns. All the small shopping mall's and things to do in and around are fantastic. "