Geverifieerde Resensie
North Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in North Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1789 resensies.
"As iemand vir jou sê daar is niks in die Noordkus nie, glo dit maar, gaan kyk self, dit is 'n baie mooi niks."
"Ballito is 'n pragtige vakansiebestemming met die mooiste strande, heerlike restaurante, winkels en aktiwiteite soos zipline. Alles is sentraal geleë en die dorp is netjies."
"Dis 'n lekker plek, maar die feit dat jy elke dag moet betaal om die park te mag binnegaan is nie. Selfs as jy net wil winkel toe gaan, of selfs na die oord se restaurant toe gaan moet jy betaal om in die park in te gaan - dit sit 'n demper op 'n mens se tyd daar. Verder is die strande skoon en veilig en ons het dit baie geniet."
"Die dorp is baie klein, maar ook baie skoon en netjies. Die woonwapark lyk besonders aantreklik en windbeskut met baie groot bome. Dis net agter 'n sandduin van die see af. Ongelukkig is min of geen gastehuise beskore met 'n see-uitsig weens die bos en sandduine nie."
"Great place for a beach holiday. Variety of restaurants and clean beaches with lifeguards."
"Die beste bekostigbare vakansiebestemming. So 'n pragtige, skoon dorpie. Jy kan in die nag op jou eie gaan stap en steeds veilig voel. Lieflike klein restaurante. Soveel om te sien en te ervaar. Die bos en see bymekaar. Soveel wild om te besigtig. Pragtige natuurskoon. Cape Vidal is ook nie ver daarvandaan nie en absoluut pragtig. Ideaal om te snorkel en pragtige seelewe te sien. Dan is daar Mission Rocks wat ongelooflike mooi see-uitsig het. Absoluut die moeite werd."
"Die aanbeveling na Grumpys was 'n absolute hoogtepunt en dorp is baie skoon en netjies. Baie dankie."
"Die dorp word redelik deur beurtkrag beïnvloed, in so 'n mate dat slegs beperkte winkels oop bly (meeste restaurante maak toe, insluitend Spur) en vleis en roomysopsies is beperk."
"Het ons kuier by die Ngweni Railroad Brewery baie geniet. Naby genoeg aan Hluhluwe Wildtuin om die aande in Hluhluwe te spandeer."
"Wel 'n beslommernis om op die strand te kom met die deursoek van die motor elke keer opsoek na drank. Net om by die parkeerarea verskeie vakansiegangers met drank in die hand te sien. Het Zinkwazi strand meer geniet! Mtunzini se natuurskoon is egter pragtig asook mooi strande met sandduine."
"Ons was laas in La Ballito gewees in 1994. Die dorp self het baie uitgebrei, maar Ballito is maar nog dieselfde wonderlike strand."
"Good central location with a lovely beach and good restaurants. Quieter than adjacent large beaches."