Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16534 resensies.
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Paul Kruger 63"Great base to explore the area for History and Wine-Route purposes."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Sea Shack"Pragtige, lieflike dorp. Blou see, wit huisies skoon strande - prentjie mooi. "
Riebeek-Wes, Ontsnap Uit Kaapstad
Ruby Rose Guest House"Definitely a place worth visiting. The country side with it's winelands absolutely beautiful. Air is crisp and clean. Riebeeck Kasteel, which is very close, definitely worth visiting. Lovely little shops."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Little Piece of Heaven"Dit was nice om 'n daggie daar deur te bring. Lekker loop daar by die ou hawe en daar so baie eetplekkies. Dis net 'n lekker plek."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Maartblom Gastehuis"Rustig en die Weskus padstal doen die ding. Kos is heerlik en die diens vriendelik en die groentemark by die ingang is 'n bonus. Die strande en strate is skoon en netjies. Hou so aan Yzerfontein."
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
The Blue Cow Barn – Boutique Farm Accommodation"Barrydale is 'n pragtige en skoon dorp met netjiese huise. Dis wonderlik om te sien hoe die ou boustyl in stand gehou word. Daar is ook baie interessante plekke in die omgewing om te besoek!"
Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad
Bietou"Lang ente se stap en mooi plekke om net te sit en oor die see uit te kyk. 'n Pragtige wegbreekplek."
Voëlklip, Ontsnap Uit Kaapstad
Valentines Hermanus"Voelklip is the best beach area with grass on hill and very neat public toilets."
Saldanha, Ontsnap Uit Kaapstad
Saldanha Bay Inn"Loopafstand van winkels. Baie stil in die nag. Voertuie agter 'n hek naby die kamers. Nodige toerusting soos bekers, ketel en yskas vir oornag. Ook 'n waaier vir die warm aande."
McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad
Klipspringer Berghuisie"Interessant, rustig. Moenie op Sondae besoek nie - daar gaan niks aan nie (miskien een restaurant oop tot 14:00)."
Riebeek-Kasteel, Ontsnap Uit Kaapstad
Villa Anna Katarina"Ons het 'n juweel ontdek, dis 'n ongelooflike mooi plek."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Strandloper Self Catering Units"Hermanus is my nommer 1 bestemming vir 'n see-vakansie regdeur die jaar en is gerieflik naby aan Kaapstad, slegs ongeveer 90 minute se ry!"
Port Owen, Ontsnap Uit Kaapstad
Laaiplek Hotel"Mooi stil strand naby en 'n paar baie lekker restaurante, ideaal vir watersport."
De Doorns, Ontsnap Uit Kaapstad
Tavistock Country Home"Pragtige landskap, seker een van die heel mooiste valleie in Suid-Afrika."
Jongensfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Amazing Modern Cube House"Jongensfontein het nie 'n lekker swemstrand nie, maar is slegs 10 km vanaf Stilbaai waar daar wel 'n lekker strand is. Dit is wel baie veilig en rustig daar en perfekte plek om te rus."
Port Owen, Ontsnap Uit Kaapstad
Laaiplek Hotel"Wonderlike gasvrye mense en, 'n pragtige omgewing. Sal vir seker teruggaan daarheen."
Melkbosstrand, Ontsnap Uit Kaapstad
Melkbosch Guesthouse"'n Baie skoon strand en rustigheid, selfs oor Desember. Onthou die water is ysig koud."
Riebeek-Wes, Ontsnap Uit Kaapstad
Riebeek Valley Hotel"Baie sentraal en ook 'n absoluute paradys om net te ontspan. "