Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6477 resensies.
"Ten spyte van die knellende droogte bied Graaff-Reinet 'n verskeidenheid besienswaardighede. Die netheid van die dorp is opvallend."
"'n Besondere interessante plek in 'n histories-ryke omgewing, beslis die moeite werd om meermale te besoek en te verken."
"Die munisipaliteit kan meer doen om seker te maak die strate het name en dat die paaie se merkers duidelik te sien is."
"Baie mooi geleë dorpie. Pad in is spesiaal met antieke bome wat 'n baie mooi laning maak. Die winkel Food Zone het vars en mooi groente en vrugte. Die pad oor Jacobs pas is pragtig."
"Lekker warm daar. Maar lekker in die straat geloop. En lekker geëet by een van die restaurante. "
"An interesting ageing country town, laid back, fairly clean, with reasonably managed social change."
"Naby genoeg om binne 'n paar minute se ry, by al die hoof aantreklikhede en restaurante te wees."
"Dit was 'n wonderlike tyd, nie so baie vakansiegangers en vertrap op die strande en waar ook al jy gegaan het nie. "
"Loerie is 'n klein plattelandse dorpie wat nie tans al mens se behoeftes kan dek nie, jy moet uitry Jeffreysbaai toe vir 'n groter verskeidenheid, wat tog net 30 km weg is. "
"Aberdeen staan stil in tyd, daar skakel jou brein af en kom die gejaagde lewe tot 'n stop. Word sterk aanbeveel. Jy kan slegs rus."
"Graaff-Reinet is a beautiful old world town. Amazing architecture. So much history. A clean town with lots to see or do."
"Wonderlike bestemming, soms winderig en geen muskiete! Ek sal definitief weer gaan."
"Ons het water vir die dorp saamgeneem wat so nodig was. Dit was lekker om die vallei van Verlatenheid te besoek asook om deur die dorp te stap. "
"As jy net wil ontspan en die natuur geniet, is dit die plek om heen te gaan. Kinders mag dit egter nie so aangenaam soos volwassenes ondervind nie. "
"Dit is 'n stil, rustige area. Vir mense wat nie hou van 'n vreeslike lawaai en oorvol strande nie, is hierdie die regte plek."