Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6477 resensies.
"Hogsback is pragtige toeriste bestemming. Baie rustig. Dis die 5de jaar wat ek teruggaan na Hogsback en dit trek my net elke jaar weer terug. Als is binne bereik van mekaar en inwoners is baie vriendelik. "
"Everything you need is on your doorstep. The best place to be when you are visiting Port Elizabeth. "
"Dis 'n klein dorpie. Almal waai vir jou en nie te sleg met hul pryse nie. "
"Such a small little dorpie with laid back restaurants and access so many beautiful walking trails. One has to go in summer as well as winter to experience Hogsback in all of its majesty. "
"Country Klub met 'n lieflike golfbaan, twee riviermonde wat uitmond in die see, met 'n lieflike strandjie tussenin, en rotse waar branders eindeloos teen breek om jou gemoed te stil. Klein markies in die Yellow Forrest Camp, en as jy gelukkig is en op regte tyd by Keimond besoek aflê 'n kerkbasaar met heerlike tuisgebak! Definitief nie 'n moderne kusdorpie nie, maar 'n plekkie wat jou alles bied wat jy nodig het om gemaklik te wees!"
"Omgewing baie mooi. Die paaie in die dorp sal egter opgradeer moet word. Baie slaggate. "
"Unieke dorpie, met baie mooi, ou argitektuur. Alhoewel dit op die stadium baie droog is, is die natuur baie mooi in die Steytlerville-omgewing."
"Burgersdorp is 'n baie klein geskiedkundige dorpie. Ons was op 'n Sondag daar en het nie veel winkels oop gekry nie. Maar dis 'n baie mooi dorpie, ek het veral van die kerke gehou. "
"Middelburg is 'n oulike plekkie, maar ek weet te min omtrent Middelburg en omgewing om 'n ware opinie rakende Middelburg as 'n toeristebestemming te gee. Ek dink egter dat dit 'n ideale oorslaapplek vir die reisiger wat op pad see toe is."
"Dit het ons harte baie seer gemaak om te sien hoe droog dit is, maar ons het water saamgeneem, sodat ons nie die druk op die dorp vererger nie. Al was daar absoluut geen water nie, sou ons steeds daarheen reis."
"‘n Besoek aan die karaktervolle dorpie behoort op almal se emmerskoplys te wees. Bly ‘n paar dae, die rustigheid en stilte is verslawend. Hier is nie brandstof of kitsbanke nie, maar die winkel hou voorraad van meer as net die basiese waarmee jy sal klaarkom as jy niks saamgebring het nie: gevriesde vleis, blikkieskos, meel, rys, vars vrugte en groente (beperk), vars melk, kaas, botter, koekies, roomys, lekkergoed, gebottelde water, ys, toiletware en skoonmaakmiddels, om net ‘n paar te noem."
"Ten spyte van die droogte is Graaff-Reinet 'n pragtige dorpie. Die mense is ten spyte van uitdagings positief en gasvry."