Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6445 reviews.
"Ek wens ons kon meer tyd daar deurbring! Polka Restaurant en die Windmeul-winkel reg langsaan was hoogtepunte. Vriendelike mense oral! Mag julle die goeie reën kry wat julle so nodig het!"
Chintsa (Cintsa), Eastern Cape
Horizon View"Die area en natuurskoon is pragtig en ons het regtig te alle tye veilig gevoel. Die superette (kafee) op Cintsa Oos was net vir ons teleurstellend en het nie als gehad wat ons nodig gehad het nie. Koop dus eerder jou eetgoed ens. klaar op Oos-Londen of waar ook al, voor jy deurry na Cintsa Oos. Die Crossways winkelsentrum net 'n entjie van daar af het egter ook al die nodige winkels gehad. Die paaie was beter as wat ons verwag het en mens kan lekker op ry tot by Morganbaai en Keimond en daar was nie te veel slaggate nie."
"Jammer om te sien dat dorp so vervalle geraak het. Ons het die Olive Schreiner huis besoek en die kurator was uiters bekwaam en baie interessante inligting deurgegee."
"Pragtige kunsmuseums en ander besienswaardighede, veral die groot kerk. Ons het die geleentheid gehad om 'n kerkdiens Sondagoggend by te woon met die kerk se 227ste verjaardag. Die vriendelikheid van die dorp se mense is merkwaardig. "
"Het nêrens gery nie, so kan my nie baie uitlaat oor St.Francisbaai self nie, maar dit wat ek gesien het, is lekker rustig en veilig."
"Baie interessante dorpie, ryk aan geskiedenis. So jammer die dam is dolleeg a.g.v. die droogte."
"It's a very beautiful place to visit and you get friendly individuals willing to help around the town."
"The town is rich with culture and history as well as amazingly friendly people. The views are breathtaking over the Karoo and the monuments will keep you stunned of their beauty."
"It's a small town with friendly people. It was a holiday worth repeating in the future."
King Williams Town, Eastern Cape
Dreamers Guesthouse"Keep doing what you do best, it’s working for you. I will definitely come back in the near future."
"Ek het grootgeword in Port Alfred en omgewing en dit was heerlik om my ou tuisdorp weer te kon besoek. Die dorp is netjies en ou geboue is opgeknap. So lekker om te kon sien dat dinge onderhou word en nie tot niet gaan nie. Ongelukkig was dit slegs 'n kort besoek."
"Dit sal seker afhang van wat elke besoeker se verwagting is. Ons het nie vreeslik wyd rondgekyk nie, maar die omgewing is werklik pragtig."
"Bitter klein dorpie, maar bied alles wat mens nodig het. Ek het nie meer verwag nie. Die rit oor die rivier met die pont was 'n aangename verrassing."
"Ons kon 'n definitiewe verskil in Graaff-Reinet sien van die laaste keer wat ons hier deurgereis het. Die meeste besighede en eiendomme is vars oorgeverf en die dorp was silwerskoon. Pragtig!"
"Ek het nog nooit daaraan gedink nie, maar noudat ek daar oorgebly het, glo ek dat dit minstens 'n dag se oorbly sal regverdig."
"Daar is soveel om te sien en doen. Mens moet nie net daar deurry nie. Vallei van Verlatenheid was 'n baie lekker ervaring. "
"Rhodes het ons hart gesteel. Die paaie na Rhodes is sleg, nie geskik vir gewone karre nie."
"Port Alfred is a super holiday destination with stunning views and beaches."