Resensies van Eastern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.31 uit 5 gekry volgens 2707 resensies.
Dylan R. - 9th January 2017
staying in Joubertina, Oos-Kaap
Ons was nou nie baie in die dorp self nie, maar dit is 'n pragtige plek.
Natalie K. - 9th January 2017
staying in Cradock, Oos-Kaap
Dit is 'n skoon dorpie en almal is baie vriendelik en behulpsaam.
Hilda D. - 9th January 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
'n Pragtige dorp met 'n baie interessante museum. Definitief die moeite werd.
Danette S. - 9th January 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Was jammer dat die kleiner snuffelwinkeltjies toe was weens 'n besige seisoen 'n Mens sou gehoop het dat dit wel nog oop is vir die besoekers. Die historiese geboue is moeilik om op te spoor - 'n pamflet wat 'n duidelike kaart op het met 'n bietjie geskiedenis van die geboue en waar hulle is sal voordelig wees.
Esri South Africa R. - 8th January 2017
staying in Cradock, Oos-Kaap
Die ete by die hotel is ook 'n moet vir alle besoekers!
Maria T. - 8th January 2017
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Die rede waarom ons by Nieu-Bethesda aangegaan het,was hoofsaaklik die Uilhuis (Helen Martens). Ons het die Uilhuis baie interessant gevind en was verras deur die res van die dorpie en sy mense.
Enid K. - 8th January 2017
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Die fossiele wat daar gevind word is interessant, en uiteindelik het ons ook die uilhuis gesien.
Esri South Africa R. - 8th January 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Obesa-kwekery is 'n moet!
Santie V. - 8th January 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Heerlik by Polka-restaurant geëet.
Alrika B. - 8th January 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Lieflikste dorp!
Hermien P. - 8th January 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
As jy van vetplante hou, is die Obesa-kwekery 'n fantastiese plek om te besoek! Daar is ook heelwat om te sien in die omgewing: die Vallei van Verlatenheid is asemrowend, en Nieu-Bethesda met sy Uilhuis is net 50 km weg. Dis beslis die moeite werd om meer as net een aand hier te bly!
Geurt B. - 7th January 2017
staying in Somerset East, Oos-Kaap
There is a lot in Somerset East and this is a rural town steeped in history. However, with the current municipal management, as is the case in many others in the Eastern Cape, the town is not clean and the roads in the town leaves much to desire. Somerset East, you have what a lot of towns would wish for, get it in shape and be proud of the history and use it to the town's benefit. You have Battis, Piet Retief and many more, use it to be on the map!
Leanne K. - 7th January 2017
staying in Nahoon Strand, Oos-Kaap
Best beach in East London.
Joseph N. - 6th January 2017
staying in Queenstown, Oos-Kaap
Mooi natuurpark met baie wildebeeste.
Johan N. - 6th January 2017
staying in Humewood, Oos-Kaap
Uitstekend! Ek gaan ten minste elke tweede jaar daarheen met vakansie.
Piet S. - 6th January 2017
staying in Hogsback, Oos-Kaap
Heerlike dorpie, maar te veel toeriste. Ek raai aan om nie tydens die Desembervakansie te gaan nie.
Johan L. - 6th January 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Ons het ongelukkig nog nooit Graaff-Reinet as 'n toeristebestemming besoek nie, maar slegs as oornagverblyf op pad na Gauteng of terug Kaapstad toe. Ons hoop egter om een of ander tyd 'n paar dae langer daar oor te bly, want ons is baie beïndruk met wat ons daar ervaar het.
Henk P. - 6th January 2017
staying in Middelburg, Oos-Kaap
Ek glo Middelburg het voldoende geriewe om met Colesberg en Graaff-Reinet te kompeteer.
Mel V. - 6th January 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Pragtige dorpie met lekker baie om te sien.
Cobus V. - 5th January 2017
staying in Lady Grey, Oos-Kaap
Interessant in 'n mooi omgewing.
Lynette P. - 5th January 2017
staying in Fort Beaufort, Oos-Kaap
We went to Fort Beaufort to do family history research, so we did not visit tourist sights. It is your average town, quite clean and met our requirements.
Mignon B. - 5th January 2017
staying in Walmer, Oos-Kaap
Walmer is a lovely area and safe, and it has good restaurants and a lovely mall.
Hennie S. - 5th January 2017
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Nieu-Bethesda het baie meer potensiaal. Die bierbrouery was teleurstellend, want dit was baie onnetjies. Die Uilhuis was baie interessant, maar 'n mens sal graag meer oor die inhoud van die huis waar Helen gewoon het wil weet.
Boet T. - 4th January 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Dis 'n pragtige dorp met die mooiste geboue. Jammer dit is so droog, ons bid net dat die reën gou vir julle sal kom.
Nangamso M. - 4th January 2017
staying in Mill Park, Oos-Kaap
Millpark is a nice suburb and close to everything.
Francois J. - 4th January 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Hou baie van die dorp en dit is 'n gereelde kuierplek vir ons.
Alan V. - 4th January 2017
staying in Cradock, Oos-Kaap
Interesting place.
Sandra V. - 3rd January 2017
staying in Cradock, Oos-Kaap
Sal weer daar kuier.
Jairus Carrey M. - 3rd January 2017
staying in Humewood, Oos-Kaap
The place to be for a peaceful holiday destination.
Marianne G. - 3rd January 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Bespreek gerus 'n wildrit na die Camdeboo Nasionale Park - daar is soveel interessanthede wat vertel word oor Graaff-Reinet en die park - ook genoem die Vallei van Verlatenheid.
Francois J. - 3rd January 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
'n Baie mooi dorp. Wil nog vir 'n paar dae daar gaan bly om die omgewing te verken. Dié dorpie het die oulikste restaurante met baie besonderse kosse.
Patrick O. - 3rd January 2017
staying in Steynsburg, Oos-Kaap
Steynsburg is "off the beaten track" en 'n aangename verassing as jy van klein dorpies hou. Die pad na Jeffreysbaai via Steynsburg en Hofmeyer is still en nie in 'n slegte toestand nie.
Stefan M. - 3rd January 2017
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Baie mooi dorpie.
Yolanda B. - 3rd January 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Ons het die dag in Camdeboo National Park deur gebring en kan dit beslis aanbeveel. Die geriewe is in uitstekende toestand en daar is lieflike roetes in die park. Ons het ook gebraai in die park en moet noem dat die piekniekarea lieflik was. Beslis die moeite werd om te besoek.
Cecile V. - 3rd January 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Ons het die dorp en die omgewing baie geniet.
Jerman A. - 3rd January 2017
staying in Oviston , Oos-Kaap
Baie rustige dorpie met ongelooflike uitkykpunte op die dam.
Tiaan B. - 2nd January 2017
staying in Middelburg, Oos-Kaap
Ek wens ek kon 'n gastehuis daar besit.
Helen C. - 2nd January 2017
staying in Cradock, Oos-Kaap
Cradock itself is worth a brief visit but it is more the National Park, surrounding area and natural beauty that is worth coming to than the town itself.
Kevin M. - 2nd January 2017
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Geen teerpaaie of straatligte, soos in die 1950's.
Marieke S. - 2nd January 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Jy mag dit nie mis nie. 'n Mens het ten minste een volle dag nodig om dit ordentlik te ontdek.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za