Resensies van Eastern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.31 uit 5 gekry volgens 2716 resensies.
Sandra V. - 3rd January 2017
staying in Cradock, Oos-Kaap
Sal weer daar kuier.
Jairus Carrey M. - 3rd January 2017
staying in Humewood, Oos-Kaap
The place to be for a peaceful holiday destination.
Marianne G. - 3rd January 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Bespreek gerus 'n wildrit na die Camdeboo Nasionale Park - daar is soveel interessanthede wat vertel word oor Graaff-Reinet en die park - ook genoem die Vallei van Verlatenheid.
Francois J. - 3rd January 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
'n Baie mooi dorp. Wil nog vir 'n paar dae daar gaan bly om die omgewing te verken. Dié dorpie het die oulikste restaurante met baie besonderse kosse.
Patrick O. - 3rd January 2017
staying in Steynsburg, Oos-Kaap
Steynsburg is "off the beaten track" en 'n aangename verassing as jy van klein dorpies hou. Die pad na Jeffreysbaai via Steynsburg en Hofmeyer is still en nie in 'n slegte toestand nie.
Stefan M. - 3rd January 2017
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Baie mooi dorpie.
Yolanda B. - 3rd January 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Ons het die dag in Camdeboo National Park deur gebring en kan dit beslis aanbeveel. Die geriewe is in uitstekende toestand en daar is lieflike roetes in die park. Ons het ook gebraai in die park en moet noem dat die piekniekarea lieflik was. Beslis die moeite werd om te besoek.
Cecile V. - 3rd January 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Ons het die dorp en die omgewing baie geniet.
Jerman A. - 3rd January 2017
staying in Oviston , Oos-Kaap
Baie rustige dorpie met ongelooflike uitkykpunte op die dam.
Tiaan B. - 2nd January 2017
staying in Middelburg, Oos-Kaap
Ek wens ek kon 'n gastehuis daar besit.
Helen C. - 2nd January 2017
staying in Cradock, Oos-Kaap
Cradock itself is worth a brief visit but it is more the National Park, surrounding area and natural beauty that is worth coming to than the town itself.
Kevin M. - 2nd January 2017
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Geen teerpaaie of straatligte, soos in die 1950's.
Marieke S. - 2nd January 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Jy mag dit nie mis nie. 'n Mens het ten minste een volle dag nodig om dit ordentlik te ontdek.
Byron C. - 2nd January 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
'n Goeie verrassing.
Harry V. - 1st January 2017
staying in Addo, Oos-Kaap
Addo-olifantpark is die groot aantrekking. Dit lyk nie of daar samewerking is om die dorpie self meer aantreklik te maak nie, maar Wild Africa was 'n aangename verrassing. Hopelik is dit 'n voorbeeld wat nagevolg sal word.
Gerrit O. - 31st December 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Die dorp gaan agteruit, die strate is vuil. Was 5 jaar gelede nog pragtig en skoon.
Johannes S. - 31st December 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Geskiedkundige plek.
Margaret S. - 30th December 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Pragtige dorp met goeie restaurante.
Hannes D. - 30th December 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Ons het nog nie die toeristemoontlikhede ten volle benut en beleef nie en is van plan om binnekort so te maak. Goeie eetplekke en waarde vir geld.
Johan D. - 29th December 2016
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Dit is 'n ware ontsnapping uit die stadsgewoel en 'n pragtige plek tussen die berge.
Willi S. - 29th December 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Die Vallei van Verlatenheid bly maar net eenvoudig 'n moet om te besoek.
Stefan P. - 29th December 2016
staying in Oos-Kaap
Onderbenut.
Carlien L. - 28th December 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Baie mooi en interessante plekkies om te besoek.
Peggy M. - 28th December 2016
staying in Addo, Oos-Kaap
Addo is a lovely little village. We were very impressed with its accommodation and restaurants.
Geurt B. - 28th December 2016
staying in Kirkwood, Oos-Kaap
Kirkwood self was op die oggend van 24ste Desember bitter vuil met papier en vullis wat oral langs die strate gelê het. Die "dorpsvaders" kan maar gerus die saak oplos! Daar is heelwat winkels en banke wat 'n mens sou wou sien. Die petroljoggies by die Engen-vulstasie was verskriklik vriendelik en baie akkuraat. Die Spar is egter heelwat duurder as waaraan ons gewoond is by ander Spar-takke.
Petri D. - 28th December 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Sommige restaurante se foonnommers op Graaff-Reinet se inligtingsblad bestaan nie meer nie. Ek vermoed ons het nuwe plekkies gesien wat ook nie gelys is nie. Oor die algemeen is dit regtig 'n mooi dorpie met pragtige ou geboue wat mooi onderhou word. Dit lyk of die inwoners omgee vir hoe die dorpie lyk.
Denvor K. - 28th December 2016
staying in Greenacres, Oos-Kaap
Ideale ligging.
Karen C. - 28th December 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Nie regtig baie tyd in Graaff-Reinet deurgebring nie, so kan nie regtig waardeer wat in en om die dorp aangaan nie, behalwe die groot kerk.
Alta L. - 28th December 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Sal weer in Graaff Reinet gaan kuier. Ons kuier was heeltemal te kort, maar ons het baie gesien en lekker by al die klein restaurantjies geëet. Besoek gerus die Vallei van Verlatenheid ... dis 'n moet!
Alta L. - 28th December 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Nieu-Bethesda is een van daardie plekke op jou "bucketlist". Gaan verken die omgewing, koop 'n uil, drink 'n draught en eet 'n skaaptjoppie. Dis 'n klein stukkie hemel so tussen al stof deur!
Alta L. - 28th December 2016
staying in Aberdeen, Oos-Kaap
Aberdeen het ons lekker verras. Dit is 'n mooi skoon dorpie met die mooiste kerk in die middel van die dorp. Die mense is vriendelik en het ons sommer gou tuis laat voel. Ek sal beslis terugkeer om meer van Aberdeen te verken.
Alta L. - 28th December 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Graaff-Reinet was 'n lekker dorp om te verken, veral met die pragtige kerk, die Kaktus Kwekery en natuurlik die Vallei van Verlatenheid. Ek sal terugkeer om nog meer te verken.
Marius En Daleen G. - 27th December 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Fantastiese wegbreek van die stadslewe. Wonderlike natuurskoon. Baie om te doen. Fantastiese kos. Vriendelike mense. Baie veilig. Ons kon laat in die aand met ons honde gaan stap sonder om oor ons skouer te loer. Dit kan ons nie in Pretoria doen nie. Die leivoor is op plekke baie diep en onbedek. Ons hond het een aand laat vir 'n bakkie en sleepwaentjie (van Gauteng!) geskrik wat vinnig om die draai gekom het en het toe in die leivoor geval. Die voor is meer as 6 voet diep. Die polisie was ongelooflik vinnig op die toneel om te help. Miskien sal dit veiliger wees indien die leivoor bedek word waar dit so diep is.
Ylana H. - 27th December 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Museums was interessant. Ek was aangenaam verras.
James L. - 26th December 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Interessante geskiedkundige dorp.
Mariette H. - 26th December 2016
staying in Maclear, Oos-Kaap
Interessante dorpie. Reisigers moet voorsiening maak vir eie kosvoorraad, veral op 'n Sondag. Die Ranch Restaurant is 'n aanwins vir die dorp.
Ralph D. - 26th December 2016
staying in Oviston , Oos-Kaap
Ons ervaring was die van spyt - spyt dat ons slegs oornag het in plaas van 5 tot 10 dae van verfrissende stilte rus en vrede.
Mariette H. - 26th December 2016
staying in Grahamstad, Oos-Kaap
'n Juweel met baie interessante besienswaardigehede wat 'n opvolgbesoek regverdig.
Pikkie M. - 23rd December 2016
staying in Framesby, Oos-Kaap
Mooi, skoon en stil met oulike winkelsentrums naby.
Gerhard B. - 23rd December 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Bekoorlik!

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za