Verified Reviews
Oudtshoorn
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Oudtshoorn
Rated 4.6 out of 5 based on 1068 reviews.
"Lieflike dorp, baie besoekpunte en pragtige, ou geboue. Goed onderhou, skoon en netjies."
"Lieflike Karoo-dorpie met goeie mense en interessante plekkies om te besoek."
"Ons het spesifiek vir die KKNK gaan kuier in Oudtshoorn. Daar is wel 'n paar plekke wat besienswaardig is, maar behoort nie meer as 2 dae te neem om meeste daarvan te sien nie. Ek sal wel Oudtshoorn aanbeveel vir wegbreeknaweke wanneer mens se siel net moet rus. Die mense is baie vriendelik en verwelkomend. Rou Karoo restaurant en Ostrich emporium het ons baie geniet. Sien uit na volgende jaar se fees."
"Kangogrotte is 'n moet. Billik geprys. Volstruisplaas wat aanbeveel was, is nie die geld werd nie."
"Pragtige dorpie, net jammer oor die verval in die dorp. Slaggate en geen straatligte maak die baie moeilik om in die aande in Oudshoorn te ry."
"Die KKNK het heelwat van sy glorie verloor. Ek mis die feesatmosfeer van ouds. Miskien sal dit weer herstel van wat ek glo 'n COVID babelaas is."
"Die munisipaliteit behoort beter ondersteunend tot 'n puik fees te wees. Die KKNK was puik."
"Ons het die KKNK baie geniet. Was net teleurgesteld in hoeveel sitplekke beskikbaar was by toneelstukke. Het op kort kennisgewing besluit om 'n vertoning te gaan kyk, maar Webtickets het gewys die kaartjies is uit. Dankbaar ons het tog gaan probeer, maar was verbaas om te sien ongeveer 1/3 van die sitplekke is leeg. Ons kom vir seker weer. Die Oudshoorn mense is so oop, warm, hulpvaardig en vriendelik."