Verified Reviews
Oudtshoorn
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Oudtshoorn
Rated 4.6 out of 5 based on 1068 reviews.
"Daar is by my geen twyfel nie - die Swartbergpas moet van Noord na Suid aangepak word."
"Die mense van Oudtshoorn is vriendelik en dit was lekker om in die straat te loop en jy word gegroet. "
"Oudtshoorn is baie mooi en aantreklik en my seun wil net in Oudtshoorn vakansie hou. Daar is baie plekke wat jy kan besoek en die mense is baie vriendlik teen oor jou."
"Baie oulike daguitstappies! Goeie plek om te oornag en selfs 'n paar dae oor te bly en die Klein Karoo te verken."
"Ideale uitvalsbasis voor de Swartbergpass en de Cango Caves."
"Oudtshoorn is 'n plek waar ons nog tyd sal wil spandeer, daar is nog baie om te sien."
"Wil weer gaan en langer bly om omgewing beter te verken. Fantastiese bestemming en omgewing om weer te besoek."
"Daar is so baie om te sien en te beleef in Oudtshoorn dat jy definitief meer as 2 nagte moet oorbly."
"Alhoewel Oudtshoorn maar 'n stewige rit uit die Kaap is, is ek nooit jammer dat ek so ver gereis het teen die einde van my besoek nie. Met die Kango Grotte wat altyd 'n nuwe ervaring is (maak nie saak hoeveel keer mens al daar was nie), die verskeie wildreservate, interessante winkels, koffiewinkels en restaurante bied Oudtshoorn meer aktiwiteite as wat mens kan inpas in selfs 'n twee weke besoek."
"KKNK maak van Oudtshoorn beslis 'n heerlike plek om te kuier. Die dorp is ongelooflik skoon, al is daar soveel toeriste wat die strate oorneem. 'n Ware juweel!"
"Die enigste probleem met Oudtshoorn is die straatkinders wat om elke hoek sit en bedel. Veral in die donker hoekies in die aande."
"Skoon dorp met baie besienswaardighede en baie vriendelike mense."