Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6238 resensies.
"Een van die mooiste dele van Suid Afrika. Swellendam met my hart gesteel. Daar is 'n groot verskeidenheid eetplekke vir elkeen se smaak. Al die etes wat ons geëet het was heelik. Veral die Garden Shack se seekos en puik atmosfeer! Die area is pragtig en dis ideaal om as basis te gebruik om die area te verken."
"Quaint and beautiful, I want to bring all my friends and family back to explore."
"Pragtige historiese dorp. Nie te ver van Kaapstad. Vriendelike mense en soveel om te sien en te geniet."
"Struisbaai is ’n baie mooi woonbuurt. Mense is so vriendelik en dit laat ’n mens meer tuis voel."
"Die pad was wonderlik langs die see. Die Botaniese tuin is baie mooi en die see bly altyd pragtig."
"Ek besoek al jare lank Hermanus en dit bly vir my die ideale vakansiebestemming met 'n oorvloedige aanbieding van besienswaardighede en lekker kuierplekke - markies, wynroete, restaurante, natuurparke met staproetes, antieke handelaars, ens. Onmoontlik om alles met een besoek te sien of te ervaar, so daar is altyd rede om terug te gaan."
"Net 'n lekker reis-afstand vanaf die Kaap, die kinders raak nie te gou moeg en verveeld nie. Dorpie is nog eg plattelands (wat ons baie waardeer het), en strate en sypaadjies skoon en netjies."
"The color of the ocean looks like a tropical Island. Lots of nice spots for coffee or any other eat outs. Beach walks, fishing (which is why we were there) and my husband enjoys mountain biking there too."