Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6483 resensies.
"Napier is 'n baie mooi skoon plattelandse dorpie naby baie bestemmings en mooi roetes."
"Vreeslike mooi dorp met vriendelike mense. Ons het by Republiek van Swellendam geëet en sal dit vir almal aanbeveel! Ons was daar oor 'n tyd wat baie besighede toe was (Kersfees) so kon nie eintlik meer winkeltjies besoek nie."
"Gansbaai is ’n fantastiese dorpie met die mooiste mense wat altyd groet en loop met ’n glimlag."
"This is the first time I have been to Gansbaai. Besides the amazing walks you take with your family there is also different beaches you can go to, each with its own unique scenery. The best part of Gansbaai is the friendly people."
"Small town, but plenty of restaurants and a great little shop to buy fresh fish."
"In our opinion a highly underrated destination so close to Cape Town that offers so much."
"Daar is heelwat interessante en pragtige besienswaardighede binne reikafstand: Theewaterskloof en die mooi vrugteplase buite Villiersdorp, Stanfordomgewing, Hermanus, Waenhuiskrans, Greyton. Caledon is gerieflik naby vir proviand en noodsaaklikhede."
"Afgesien van grendeltyd in Des 2020 het ons ons tydjie daar geniet. Vriendelike mense, seekos is onverbeterlik."
"Mooi strand. Wind bietjie gewaai hierdie keer, maar is 'n baie lekker plek as jy hou van visvang, hikes, die strand, kreef uithaal, ens."
"Hermanus is n lieflike dorp. Die weer was fantasties en die inwoners is almal baie vriendelik. Die strande is mooi skoon en die water was heerlik."
"Lovely restaurants and cafes in the town and wonderful scenic hikes at one's disposal."
"Baie rustige en mooi dorp. Vol kultuur, vriendelikheid, unieke restuarante en 'n omgewing wat jou asem weg slaan."
"Lovely chilled and everybody very friendly. No beggars no car guards. We did not get harassed in the street for money. Will go back to Struisbaai."
"Hermanus het verskriklik baie om te doen, vir oud en jonk. Met die mooiste wandelroetes. Beslis die moeite word om te besoek."
"Baie lekker vakansiebestemming met soveel dinge om te doen. Pret vir die hele gesin en alle tipe smaak"
"Ek moet die plek geluk wens met die hantering van hulle vullis en afval verwydering. Die dorp is skoon en sodoende het hulle die bobbejaanprobleem opgelos. Daar was geen van die diere in sig nie."
"Dit is een van my gunstelling plekke in ons land. Die dorpie is rustig en vriendelike diens van almal. Daar is 'n paar wonderlike restaurante en die pryse is baie billik, ek sal Pasli weer besoek. Stop ook by die Sulina Faerie Sanctuary in Swellendam, dit is werklik uniek en iets vir elke klein dogtertjie om te sien."
"Kan nie verkeerd gaan om in die Overberg vakansie te hou nie. Pragtige landskappe, gawe mense en gevoel van rustigheid wat mens by min plekke nog kan ervaar!"
"Mooi netjiese dorp. Gaan vroeg strand toe, want die wind waai die meestal in die namiddag."
"Ek was baie aangenaam verras deur Gansbaai. Ek was bekommerd dat dit nie juis 'n strand het nie, maar Franskraal is 'n vinnige rit en daar is ook 'n heerlike strand by Walkerbay Natuurreservaat. Verder is daar 'n lieflike trail al langs die see af om te hardloop of stap en ook baie paaie om fiets te ry."