Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6397 reviews.
"Wonderlike ervaring selfs vir ons wat al jare in die Wes-Kaap woon. Die natuurskoon en omringende oseane is asemrowend."
"Meer as genoeg buite-vermaak en goeie restaurant sowel as beeldskone parkrun in die heuwels."
"Dorp bied alles wat 'n persoon verlang. Die mense is vriendelik. Die dorp is rustig met genoegsame aktiwiteite vir oud en jonk. Ook baie ideaal vir die hengelaar."
"Dt is 'n baie mooi plek en sy mense is baie vriendlik. Sal enigetyd weer terug wil kom en ook ander huise besoek. "
"As jy lief is vir die see, is Sandbaai jou eindbestemming. Veral as jy Sandbaai Country House jou tuiste maak!"
"Dit is beslis die moeite werd om die Harold Porter Botaniesetuin te besoek. Die Leopards Kloof wandelpad word beslis aanbeveel vir energieke stappers."
"Hermanus is en bly my gunsteling bestemming vir wegkom. Die dorp voorsien egter aan 'n mark wat dit net te duur maak vir die "gewone" man. Restaurante is baie mooi, maar die kos en drank te duur vir kwaliteit wat uitgestuur word. Ons was teleurgestel in 2 bekende restaurante."
"Pragtige, rustige plek met baie vriendelike mense en pragtige strande."
"Hemmingways book store is a real gem! And Fisherman's Cottage a great place to have Sunday lunch! "
"'n Juweel van die Overberg. Trotse bestemming om mee te spog by enige buitelandse gas."
"Ons was slegs dames vir die naweek, maar het baie gaan stap sonder om enigsins onveilig te voel."
"Dit is beslis 'n rustige plek om na weg te breek uit die gewoel van die stad se gejaagdheid. Niemand is onnodig haastig nie en die tydjie daar is siel's verkwikkend."
"Oulike dorpie met 'n rustige atmosfeer en pragtige natuurskoon met die berg so naby. Perfek om bietjie rus vir jou siel te kry met net die nodigste winkeltjies."