Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6131 resensies.
"Swellendam is een van die wonderlikste en rustigste dorpies. Ons keer jaar na jaar terug."
"'n Mens kan nêrens op 'n Saterdagmiddag of Sondag wyn koop nie ... so moenie jou drinkgoed by die huis vergeet nie!"
"Baie rustige dorpie vir rustige reisigers. As jy meer vermaak soek, is Hermanus net 3 km ver."
"Lieflik still en 'n natuurskone toeristebestemming. Darem nie verlate nie en het gereelde toeristegroepe om die punt waar die twee oseane ontmoet te besigtig. Vriendelike mense en lekker seekos te vinde."
"Mooi en stil dorpie met waarde vir geld, antieke meubels te koop en die lekkerste kos in die verskeie restaurante."
"Pragtige dorp met die mooiste ou geboue en die dorp is netjies en skoon en het restaurante om van te kies en keur."
"Die klimaat is matig. Die dorp is skoon en die mense is vriendelik. Die aftree-oorde is naby baie besienswaardigdhede. Jy kry alles waarna jy soek."
"Sal 'n oulike winkelsentrum opsit met nog 'n winkel soos Woolworths vir hulle lekker eetgoed. 'n Speelpark vir kinders om in te speel. Daar is baie grond. L'Agulhas het meer eetplekke as Struisbaai. Hulle kan doen met nog 'n eetplek met heerlike vis, ens. Die naaste dorp is te ver. "
"Dit is 'n pragtige plek, baie lekker stil. Ek het baie gehou van die donkerte (geen straatligte), want ek is oorspronklik van Algeria in die Cederberge en daar is ook geen straatligte nie."
"Pearly Beach se strand is verskriklik mooi, die water is warm genoeg vir die kinders om te swem, die mense is verskriklik vriendelik en knoop graag 'n geselsie aan. Ons sal baie beslis weer daarheen wil gaan vir 'n wegbreek."
"We went for a wedding so didn't see much of Caledon to be honest. However, "Die Woud" wedding venue just outside Caledon is the best wedding venue I have ever been to. "
"Goeie bestemming met strande by Franskraal en die Plaatsje. Ons het ook die vallei Bodhi Kaya en Farm 215 besoek. Ook Stanford en Napier en Eliminate is naby. Cape Agulas is baie spesiaal vir Hollanders."
"Gerieflik geleë naby Hermanus en dis redelik naby ander plekke soos Gordonsbaai en Somerset-Wes."
"Mal oor die grasperk by die privaat strand. Kinders kan veilig swem en ouers kan rustig agteroor sit en die natuur beskou."