Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6061 reviews.
"Die dorp is nie vir woelige tieners en jongmense nie. Dit is 'n dorp vir mense wat hou van op die stoep sit en die natuur wil insasem en saam kwaliteit familietyd wil hê. Lekker lang afstande stap langs die see of sommer van Struisbaai na Agulhas draf of fietsry en terug."
"Dit is 'n pragtige en skoon dorp. 'n Mens voel baie veilig om daar rond te loop. Die inwoners is baie vriendelik en hulpvaardig."
"Meeste winkels was Maandag gesluit. Ons het egter een van die eienaars geskakel en sy was so gaaf om die kunswinkels vir ons oop te sluit. Genadendal uitstappie is en behoort op almal se 'bucket list' te wees."
"Kleinmond bied meer as wat mens sou verwag van 'n klein dorp, soos bv. lekker restuarante, interessante toeriste winkels, verblyf, groot winkelsentrum."
"Groot dankie vir Peter vir die moeite wat hy meer as bereid was om te doen, hy is verseker 'n aanwins vir L'Agulhas..."
"Nog baie potensiaal. Wil voorkom asof die stadsraad se toeristekamp in die dorp agteruit gegaan het."
"Die pikkewyne uittog was 'n belewenis, die uitsig goed, wonderlik om tussen die natuur te wees, plante, berge en see....wat meer kan mens verlang. Sal definitief weer gaan."
"Absoluut skoon en die natuurskoon onverbeterlik. Beveel sterk aan vir iemand wat vir 'n dag of twee net wil gaan rondloop by die see. "
"Greyton is die mooiste dorpie in Wes-Kaap. 12 restaurante. Puik etes genuttig veral by Abby Rose. Heerlike plaaskos. Dorpie het vriendelikste mense. Baie staproetes en baie om te sien. Ons was daar met die "Classics for All" fees en dit was ongelooflike lekker ervaring. Dit sal 'n jaarlikse instelling wees op ons program nou dat ons afgetree is."