Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6501 resensies.
"Pragtige dorp. Dit was my eerste keer in Gansbaai maar ek was verras met die vriendelike mense en omgewing. Sal beslis weer gaan."
"Fantastiese natuurskoon. Die botaniese tuin is ‘n moet, daar is maklike toegang (rolstoel vriendelik) met lieflike bankies sowel as verder staproetes. Die pikkewyne is ook ‘n heerlike besoek vir oud en jonk."
"Fantastiese mooi deel van die Wes-Kaap, die natuurskoon is uniek en die berge aan die een kant en see aan die ander kant maak dit net soveel mooier en spesiaal. Bettysbaai is nie oor-ontwikkeld soos baie ander kusdorpe nie en 'n mens ervaar 'n klein dorpie-atmosfeer wat besonders rustig is. Bonus: dis baie naby aan Kleinmond/Palmiet en Pringlebaai."
"Dit is effens klein en stil vir 'n gesin met kinders, maar perfek as jy net 'n breek nodig het van alles."
"Very clean, well managed town, lots of fun. We felt safe. Lots of walking trails. Enough restaurant options at the small waterfront."
"Sal weer terugkom Hermanus toe, daar is altyd nog iets om te doen, vakansie is altyd te kort."
"Die strande hier is skoon en wyd. Die seewater is helder en lyk skoon in vergelyking met KwaZulu-Natal s'n. Die wind het baie gewaai en water was koud, maar strande was nie oorvol nie en die tyd van die jaar was nog nie regtig swemweer nie. Die paar dae was soos 'n oase vir die siel."
"The Shunting Shed was a lovely spot to stop for lunch. Basterskloof also makes and sells great quality olive oil and apple cider vinegar."