Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1844 resensies.
"Vriendelike mense. Alles amper binne loopafstand. Ons gunsteling-Weskus-wegbreekplekkie."
"Beïndruk met die atmosfeer van samewerking en ondersteuning tussen die verskillende plaaslike mense om toerisme te bevorder. Absoluut almal oral was besonder vriendelik en hulpvaardig en die kos by al die restaurante was heerlik en die diens puik."
"Die beste ooit. Geniet die mense en ook die teater waar ons onsself geniet het. Lekker eetplekke en vriendelike mense. Baie veilig."
"Paternoster is a beautiful and memorable experience! Loved the local people and got to know more about the hard and humble lifestyle of the fishermen! You have to go to Paternoster at least once in your lifetime."
"Ons is mal oor Paternoster! Dis die ideale wegbreekplek as jy in die Weskusomgewing kuier, daar is heelwat dinge om te doen en te sien. Die waterfront se interessante winkels, lekker eetplekke, die Koelkamer Teater, verskeie kuns- en keramiekgallerye, die visplek se vars visgeregte en die pragtige strande maak Paternoster uniek en baie spesiaal."
"By die Hungry Monk/Lobster Pot bar het die kelners mekaar kliphard gevloek aanhoudend. Swak diens en baie onprofessioneel."
"Klein dorpie met beperkte aktiwiteite vir kinders, maar baie lekker as jy rustigheid en stilte soek."
"So 'n klein plekkie met so baie om te doen en sien. Beveel die Wow-e-bikes aan! Dit was 'n uitmuntende avontuur."
"Vriendelike en witty mense wat op Paternoster bly. Die dorpie is nog ongekunsteld en het restaurante met die mees fantastiese seekos. Oulike winkeltjies. Lekker lang strand om op te stap en 'n bonus is dat honde los kan rondloop. Bykans alle restaurante is troeteldiervriendelik."
"Dit bly 'n juweel, en mens hoop dat dit nie 'n oorvloed van mense gaan kry soos ander Weskusdorpe wat net pryse laat styg nie."
"Paternoster is 'n bekende trekpleister vir toeriste en die winkels/besighede/restaurante misbruik dit. Die produkte in Die Winkel in Paternoster is buitensporig duur. Die konfyte en ander produkte in die winkel is dubbeld so duur soos in ander buurdorpe. Die restaurant langsaan die teater was die enigste eetplek in daai omgewing wat oop was op 'n Maandag tydens die skoolvakansie. Die diens was uiters swak, van die toeriste het opgestaan en geloop aangesien die kelners nie belangstelling getoon het om hulle te bedien nie. Ek self het 15 minute gewag om my rekening te kry en moes self vir dit gaan vra het. Daar is baie omliggende dorpies met dieselfde bekoring as Paternoster en heelwat goedkoper winkels en vriendeliker mense."