Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1702 resensies.
"Ek is persoonlik nie mal oor die mense wat so rondloop en kreef smous nie! Geen wonder die West Coast Rock Lobster is bedreig nie. Maar behalwe vir dit is Paternoster wonderlik."
"Fantastiese natuurskoon. Inwoners is nie baie vriendelik nie. Het onveilig gevoel. Baie bedelaars. Van hulle is baie intimiderend."
"Pragtige plek, maar ai dooie robbe en voëls op strand baie hartseer. Die verkopers van krewe en skulpe kan nogals lastig wees, maar nooit aggressief nie."
"Fantastiese Weskusdorpie, ons was net teleurgesteld in die kwaliteit van meeste restaurante se kos en dis baie "overpriced", veral vir ons wat in rand betaal."
"A great sea side town. Unfortunately poverty spoil some of the tranquil atmosphere you would expect from such a place. If they can not sell you something, you have to give something. The town and beach was very dirty while we were there. Grass/bush area next to the beach is full of rubbish and no effort is put in to get rid of the dead seals laying all over the beach. The municipality must put in a major effort to get the town cleaned. Some education for the locals especially the young ones and sellers, to respect the tourists' privacy in the units. Security seems a problem as the locals do warn you about the petty crime. Lots of restaurants to choose from."
"Dalk 'n bietjie groter algemene handelaar en beheer oor die straatsmouse. Paternoster bied uitstekende restaurante. Sou langer wou bly om almal te ondersteun."
"Paternoster is pragtig en die rustigheid is wonderlik. Net jammer dat die mense op straat skulpies probeer verkoop en as mens sê nee dankie, begin hulle aanhoudend bedel, wat ongemaklik is."
"Die restaurante fokus baie op seekos so dit vat moeite om 'n restaurant met iets anders raak te loop. Mondvol koffiewinkel is egter uitstekende waarde vir geld en die beste beste koek in n stylvolle mooi omgewing. Paternoster is 'n mooi plek met 'n ongekunstelde natuurskoon. Die kinders wat mens by elke besigheid lastig val in 'n poging om geld te verdien en opdringerige seekosverkopers het my ongemaklik laat voel. Cape Columbine-lighuis is gesluit maar steeds die moeite werd om te sien so langs die pragtige kuslyn."
"Noisy Oyster se kelner, Peter is die beste. Ons het so lekker geëet en gekuier in Paternoster. Ons sal definitief weer kom."
"Wonderlike plek, beslis 'n opsie vir aftrede. Geniet die rustigheid daar dis 'n beslis 'n versteekte juweel."
"All numbers provided were unreachable upon arrival. Security had to direct us to the owners home to collect the key."
"Lieflik! Ons het die dorpie plat gestap. Daar is oulike winkels om geskenkies en aandenkings te koop. Ook 'n winkel waar jy al die kruideniersware kan koop wat jou hart begeer."
"Pragtige dorp waar ek vrou alleen veilig, vroegoggend, met ons hond op die strand kon gaan stap."
"Heerlike, lieflike plek. Veilig om te gaan stap. Restaurante is billik geprys en heerlike kos."
"Beste plekke aan die weskus. Mooiste strand, almal is so vriendelik. Gaaitjie het die beste kos en die Panty Bar is 'n moet."
"Dit is 'n pragtige klein dorpie, die mense is ongelooflik vriendelik. Daar is genoeg restaurante om in almal se guns te val. 'n Definitiewe moet om 'n vakansie in Paternoster op jou bucket-lys te sit."