Geverifieerde Resensie
St Lucia
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in St Lucia bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 342 resensies.
"Baie aktiwiteite in en omgewing, iets van als, en is nog rustig sonder baie verkeer, sommer net lekke!"
"St Lucia is 'n droom bestemming - ry links en jy is in die bos; ry regs en jy is op die strand. Duikertjies, impala en sebras loop sommer links en regs verby jou en die dorp het warm, vriendelike mense orals."
"As die meer se mond oop en in verbinding met die see is kan dit baie meer vakansiegangers lok. Ongelukkig is dit die werking van die natuur wat die tonne sand voor die estuary se monding neergelaat het, maar ons hoop en vertrou dat die uitwerking van die Umfolozi (as dit reën) 'n permanente oop riviermonding tot gevolg kan he."
"St Lucia is 'n pragtige kusdorpie, maar die swak dienslewering van die stadsraad is 'n probleem."