Geverifieerde Resensie
Sutherland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sutherland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 459 resensies.
"From the drunken inhabitants walking the streets at all hours it seems it seems crass slurs are the anthem of the town."
"Sutherland was 'n aangename verrassing. Ons het al drie toere gedoen en dit was baie leersaam. Ons gaan beslis weer besoek wanneer dit sneeu."
"Dié kerk was 'n belewenis asook Tjol se gat. Ons sterrekyk is gepootjie deur bewolkte weer."
"Dit was op ons "bucket list" en ons het dit terdeë geniet. A.g.v. die afstand van Gauteng af sal ons nie weer Sutherland besoek nie, maar almal behoort een maal daar te draai."
"Sutherland is a little gem that not many know of, it is a small town with the friendliest people. The main attraction is stargazing and the Observatory, was what captured my 10 year old."
"Die pad na die sterrewag is nie op standaard nie. Die sterrewag self is baie onnet en word nie onderhou nie."
"Die omgewing mooi, maar behalwe vir die Salt experience is daar nie veel anders om te doen."
"Daar was nie veel ander attraksies om te sien in die nabye omgewing van Sutherland, wat ons bewus van was nie. Ons was ongelukkig om nie na SALT te kon gaan nie, aangesien dit 'n bewolkte aand was en ons uitgemis het op die uitstappie aangesien dit gekanselleer is."
"Sutherland is 'n mooi, skoon en netjiese dorp. Ons het die mooie ou Kerk besoek en by 'n paar winkels ingeloer, die lokale supermark is baie goed toegerus en die diens vriendelik en hulpvaardig. By die planetaruim was daar 'n heerlike warm koppie koffie. Hoop regtig Sutherland kan verder ontwikkel as 'n gewilde toeristebestemming."
"Sutherland - sy ligging, interessante geskiedenis, karoo-omgewing, geleentehede om meer van die sterrekunde te leer en natuurlik sy intense, koue winters, bied geweldig baie aan die leergierige en nuuskierige toeris. Ons was al talle kere daar."
"Dorp is 'n moet. Kan soveel meer doen en toeriste lok as mense saam staan. Museum was toe, uitstallings by teleskoop buite dorp buite werking en gelyk of laerskoolkinders dit gedoen het."
"Die besoek aan Sterland met Jurg Wagener was werklik 'n fantasie ervaring en kan dit aanbeveel."
"Not much in Sutherland to avoid any additional light pollution in the area which adds so much charm to the little town."