Verified Reviews
Transgariep
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Transgariep
Rated 4.2 out of 5 based on 1340 reviews.
"Tensy 'n mens watersport beoefen, is daar nie veel om by Gariepdam te doen nie en is dit meer net 'n gerieflike plek om te oornag tussen Gauteng en die Kaap. Ons was gelukkig dat die dam sy walle oorstroom het terwyl ons daar oorgebly het, wat 'n asemrowende gesig was."
"Die ervaring by die dam was ongelooflik. Die dam het oorgeloop en al 15 sluise was oop. Die konstruksie van die wal is uiters besonders en toeriste sal baat om hierdie ingenieurswerk te kan aanskou. Voorwaar 'n besonderse mensgemaakte wonder. Dit sou heerlik wees om meer tyd daar te kon spandeer."
"Meer swemgeriewe asb. Eetplekkie Tjailatyd baie aangenaam. Kos vars en smaaklik. Winkeltjies bietjie leeg en neem eerder saam wat jy benodig. Damwal was fantasties. Ek het die mooiste foto's geneem."
"Ons was Des 2021 by Gariep en die dam was 112% vol. Dit was 'n magiese ondervinding."
"Met die damwal daar naby, is dit 'n heerlike plek om uit te gaan. Veral nou dat dit ook sterk oorloop. "
"Uitstekende oorslaapplek op pad Kaap toe. Die dam wat oorloop was 'n besondere ervaring!"
"Die Gariepdam is na al die heerlike reëns besig om oor te loop en is dit die moeite werd om te aanskou."
"It's more of a stopover destination, not a travel destination. Not much to see and do besides the dam."
"Was only a stop through for us but our visit to Gariep Dam was incredible, it was pumping after all the rains! Well worth the stop!"
"Die area word gebruik net as oornagplek op pad êrens heen en ek dink dit verdien 'n paar dae se rustig word en die rustigheid inneem."
"Oulike dorpie, net een petrolstasie, 2 restaurante en grondpaaie steeds oral in die dorp."