Geverifieerde Resensie
Tulbagh
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Tulbagh bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 396 resensies.
"Ons is self van 'n gastehuis en is van mening dat ons oorsese gaste meer aangemoedig moet word om Tulbagh te besoek. Dit is nie baie ver vanaf Kaapstad/Gordonsbaai en akkommodasie in die omgewing is te kus en te keur. "
"Die dorpie het baie potensiaal maar van die winkels het tog afgeskeep gelyk. Kerkstraat is egter nog baie goed onderhou. Die omgewing is ongelooflik mooi."
"Besoekers aan Tulbagh moet kennis dra daarvan dat goeie winkels op Tulbagh maar skraps is."
"Tulbagh is 'n pragtige plattelandse dorpie, met genoeg buitemuurse aktiwiteite om ons tevrede te stel, bv. perdry, bergklim, stap. En moenie vergeet van al die mooi omliggende wynplase waar mens kan wynproe en selfs eet ook by sommiges. Ons gunsteling dorpie en net 'n uur uit die stad."
"Tulbagh is a beautiful location, small and quaint. It is worth staying outside of Tulbagh main streets as trucks roar up and down braking with their airbrakes that sounds loud at night. Manley Wine Lodge and Tulbagh Hotel both serve very good food in their restaurants. Oakhurst Olives do a fantastic olive tasting and at Twee Jonge Gezellen the wine/MCC tastings are upstairs on a lovely sunny terrace where you could sit for hours looking at the beautiful scenery. Spar has a wide range of fresh food if you are doing the self-catering option, or want lunchtime snacks. You really need a good couple of days to go to all the attractions that surround Tulbagh. Will have to pay another visit to see what we missed."
"Mooi Tulbagh met Top wijnhuizen (ga vooral naar het boutique wijnhuis van Lemberg) en natuurlijk de historische en gezellige Kerkstraat."
"Dis 'n redelike klein dorpie, so daar is nie baie om te doen na besigheidsure nie. Die meeste wynplase maak ook 14:00 se kant toe op Saterdae."
"Bietjie verwaarloosde dorpie, maar met 'n baie lekker hotel wat 'n uitstekende restaurant het."
"Pragtige dorpie met museums wat goed onderhou word en gesellige restaurantjies."
"Dis pragtig vir 'n oornagplek, maar daar is niks meer om te doen as om net die stilte te geniet nie en dit kan dalk uitdagend wees met tieners. "
"'n Pragtige, vriendelike en skoon dorp! Sal Tulbagh graag weer wil besoek."