Verified Reviews
Upington
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upington
Rated 4.3 out of 5 based on 504 reviews.
"Nie regtig tyd daar kon spandeer nie, maar dit lyk na 'n goeie vakansiebestemming."
"Ons was in Upington. Upington is skoon en netjies, en het 'n vriendelike indruk geskep. "
"Nie veel in die omgewing om te sien of te doen nie, maar lekker stop op pad erens heen."
"Upington word heeltemal te min bemark. Daar is so baie om te sien en te doen langs die rivier. Groot besighede soos Oranje Wynkelder, KLK, SWK, Shoprite, Pick n Pay SPAT. Die plaaslike klein besighede behoort baie meer betrek te word om die skoonheid van Upington en die Noord-Kaap bekend te maak."
"There is so much to see and Augrabies Falls is not too far to travel. The roads are good."
"Baie klein en stil dorpie, rustige omgewing veral na 'n lang rit deur die Tankwa !"
"Almal moet ten minste een keer in hul lewe deur die Noord-Kaap toer. Ek sal nou nie vir 'n week in Upington gaan kuier as ek nie familie daar het nie, maar daar is genoeg om te sien om darem 'n dag of wat in die omgewing te regverdig. "
"What a lovely Airport! For a family that lives in Namaqualand, I will no longer be flying to Cape Town, from now on we will fly through the Upington Airport! What a beautiful town, filled with such exceptional people!"
"Blydeville is slegs 'n uitbreiding van Upington. Kan lekker wynproe in Upington en op die rivier ry met 'n bootrit wat vooraf bespreek word."
"As die toeris vriendelikheid, behulpsaamheid en rustigheid soek, hoef daar nie verder as Upington gesoek te word nie. Upington en die omliggende dorpies was vir ons 'n totale belewenis. "
"Conveniently situated near a new mall where there is a large variety of shops."
"Ons ervaar die dorp meer as 'n deurgangsroete en het nie tyd spandeer in die dorp self anders as oorslaap nie."
"Alles wat jy nodig het is hier beskikbaar. Dit is 'n mooi, netjiese dorp."
"Dit is vir my 'n goeie rusplek op pad na Potchefstroom of op pad terug na my land Namibië."
"Baie goeie, veilige en gevestigde buurt in Upington. Naby Kalahari Mall."