Geverifieerde Resensie
Vaalwater
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vaalwater bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 67 resensies.
"Roads are great and not far off from the main cities. Great place to get some air and clear your mind."
"Vaalwater is 'n klein dorpie, maar in pragtige omgewing geleë. Nie veel om in die dorp self te doen nie, maar omliggende plase, verblyf is baie goed."
"Vaalwater se bosveld is pragtig en mense wat van die bosveld hou gaan Vaalwater baie geniet. Perfekte wegbreek uit die stad uit en nie te ver om te ry nie."
"Vaalwater self is net 'n plek waar jy voorraad kry. Dorpie is maar baie vervalle. Omgewing rondom is pragtig."
"Ek self was nog nooit in Vaalwater nie, dit was my eerste keer. Met al die reën was als lowergroen. Prentjiemooi plek en omgewing. Sal beslis weer besoek. Dis waar my siel rus kan vind. "
"Vaalwater is 'n piepklein dorpie waar daar nie veel aangaan nie. Interessant om deur te ry."
"Vaalwater is 'n klein dorpie maar daar is baie besienswaardighede! Beslis die moeite werd om daar te gaan bly in 'n mooi lodge."
"The place to be when you need quietness and time to rest while under the beauty of nature."
"Die dorpie Vaalwater is nie baie besonders nie, maar die omgewing is pragtig, daar is baie wat mens kan doen."
"Tensy jy gaan jag of 'n ander afspraak daar het is daar nie regtig rede om daar te stop nie. Geen besienswaardighede nie."
"Dit was ons eerste besoek aan die Waterberg, maar vir seker nie die laaste nie. Die natuurskoon van die area, maar ook die mense van Vaalwater was ’n wonderlike ervaring."
"As a town it is adequate if all that is needed is a nearby town for provisions - Spar, Hardware and a number of Biltong shops! We have stayed at 5 different lodges within 30 km of Vaalwater - happy with all of them."
"Daar is wel 'n bord by ontvangs om kliënte in te lig dat daar 'n 13% heffing is as mens met enige kaart betaal. Ek sou dink dis iets wat hulle moet by sê as jy jou bespreking maak, en nie eers as jy daar aankom nie. Ek het wel met 'n debietkaart betaal, en daar was nie 'n heffing bygelas nie, so nie seker hoe hulle bepaal wie die 13% heffing betaal nie."
"Vaalwater is 'n klein dorpie. Bied 'n baie goeie Spar vir kruideniersaankope met 'n eetplekkie, asook bykomstige interessante winkeltjies en restaurante met smaaklike spyskaart. Vaalwater Apteek is ook baie goed vir noodsaaklikhede. Op die dorpie is ook ander winkeltjies om te besoek vir soos smaaklike kontrei biltong. "
"Daar is wonderlike verblyf in die omgewing van Vaalwater beskikbar. Basiese benodigdhede is in die dorp beskikbaar."