Resensies van Venterstad

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Venterstad bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.88 uit 5 gekry volgens 43 resensies.
Sanet F. - 31st December 2019
staying in Venterstad
Interessante dorpie.
Leon H. - 30th December 2019
staying in Oviston , Venterstad
As jy net wil ontspan en die natuur geniet, is dit die plek om heen te gaan. Kinders mag dit egter nie so aangenaam soos volwassenes ondervind nie.
Johan V. - 16th September 2019
staying in Oviston , Venterstad
Goeie ligging om Gariepdam te besoek.
Michael V. - 21st May 2019
staying in Venterstad
Baie klein en nie veel besienswaardighede nie. Die Gariepdam is iets om te sien.
Christiaan D. - 1st April 2019
staying in Venterstad
Maak seker die groot inkopies is vooraf gedoen!
Johann M. - 29th March 2019
staying in Venterstad
Die dorpie bied nie veel vir 'n toeris nie. Maar dan natuurlik gaan dit nie oor die dorpie nie, dit gaan tog immers oor die majestueuse Gariepdam! 'n Toeris moet dus voorberei, want in Oviston of Venterstad is die voorraad in die enkele winkeltjies uiters beperk. Maar nou ja! As jy vir natuurskoon soek, is hierdie wêreld puik.
Marinda J. - 28th December 2018
staying in Oviston , Venterstad
Weggesteekte klein juweel.
Dirk B. - 25th December 2018
staying in Venterstad
Ons het nie baie tyd spandeer in Venterstad nie, maar met die dorpie se ligging so na aan die Gariepdam, lyk baie belowend vir 'n kort verblyf on die area te verken.
Prudence M. - 26th November 2018
staying in Oviston , Venterstad
Keep up the good work.
Stella B. - 21st November 2018
staying in Venterstad
Venterstad is just like any other small Eastern Cape town in a poor condition and dirty. The guesthouse is on a farm near to Venterstad and is therefore very pleasant to stay at. The district is in a good condition and the feeding roads in relative good condition. I would not suggest to people to stay in town.
Annelise B. - 14th October 2018
staying in Oviston , Venterstad
Indien vrede gesoek word is dit ideaal.
Dianne H. - 26th September 2018
staying in Oviston , Venterstad
Rustig, weg van die stad se gejaag, kan jou siel gaan vind.
Deborah H. - 21st May 2018
staying in Oviston , Venterstad
We only stayed one night but the dam was full and there were plenty of people with boats and fishing.
Davinia A. - 1st May 2018
staying in Oviston , Venterstad
My pa en sy sibbe het groot geword in Oviston. Dit was dus 'n belewenis om die klein dorpie te verken en herinneringe saam met my pa te deel van sy kinderjare. Dit was 'n mooi naweek met vele mooi herinneringe.
Cindy M. - 26th March 2018
staying in Oviston , Venterstad
Sal beslis weer daar oornag.
Nico E. - 8th March 2018
staying in Venterstad
Traveling to Venterstad through to Bloemfontein was a good experience. The road is in an excellent condition with very little traffic. I think it could have been quicker than the N1.
Owen V. - 26th February 2018
staying in Oviston , Venterstad
Dis 'n goeie oornag stop.
Retha V. - 8th January 2018
staying in Oviston , Venterstad
Oviston is 'n oulike Karoo dorpie, mooi en meestal netjies, met min om te doen, net wat ons nodig gehad het. Die Gariepdam is gerieflik naby, maak dit maklik vir visvang en pragtige foto's.
Anzel L. - 8th January 2018
staying in Oviston , Venterstad
Beautiful area.
Carel C. - 23rd December 2017
staying in Oviston , Venterstad
Nie veel om te sien nie.
Elbie N. - 23rd December 2017
staying in Oviston , Venterstad
Sal heerlik by dam kan visvang en diere kyk. En net 'n rustige omgewing vir ontspan.
Leon R. - 17th December 2017
staying in Oviston , Venterstad
Jy moet weet hoekom jy hiernatoe kom. Dit gaan oor die rustigheid en die afgeleë platteland.
Christo H. - 26th September 2017
staying in Venterstad
Baie min winkels. Lekker droëwors en chilli bites by die enigste slaghuis. Skoon dorp.
Cornie G. - 14th August 2017
staying in Venterstad
Gannabos is in die distrik van Venterstad. Dit bied rustigheid en 'n gevoel dat sake goed bestuur word.
Charlene M. - 16th January 2017
staying in Venterstad
Venterstad sou ek nie as toeristebestemming beskou nie. Oviston sou ek 4 sterre gee aangesien dit so naby Gariepdam is en dit 'n gerieflike oorslaapbestemming tussen die Kaap en Pretoria is.
Thinus D. - 13th January 2017
staying in Venterstad
Venterstad is 'n rustige klein Karoodorpie, maar dit is baie naby die Gariepdam. Die Gariepdam-damwaltoer is verseker die moeite werd.
Leonard V. - 10th January 2017
staying in Oviston , Venterstad
Die akkomodasie is basies maar skoon en netjies.
Jerman A. - 3rd January 2017
staying in Oviston , Venterstad
Baie rustige dorpie met ongelooflike uitkykpunte op die dam.
Ralph D. - 26th December 2016
staying in Oviston , Venterstad
Ons ervaring was die van spyt - spyt dat ons slegs oornag het in plaas van 5 tot 10 dae van verfrissende stilte rus en vrede.
Neels H. - 6th November 2016
staying in Oviston , Venterstad
Myns insiens is Oviston baie gerieflik as 'n oornaggeleentheid.
Lize G. - 1st September 2016
staying in Venterstad
Small little town. Really small. A little neglected, what a pity.
Yvette H. - 8th August 2016
staying in Venterstad
Wat 'n wonderlike deel van Suid-Afrika om deur te gaan. Prentjiemooi!
Johann L. - 7th April 2016
staying in Oviston , Venterstad
Lekker, veral as 'n mens 'n boot het.
Belinda L. - 9th February 2016
staying in Oviston , Venterstad
Great game can be seen in the area.
Celia C. - 26th January 2016
staying in Oviston , Venterstad
Oviston is net 'n ou dorpie. Maar die dam maak op vir alles.
Ria W. - 26th January 2016
staying in Oviston , Venterstad
As jy die kortpad na Oviston toe ken dan is dit nie ver nie maar as jy nie die pad ken nie kan dit nogal 'n ent word om af te lê vernaam as jy moeg gereis is.
Marlene D. - 30th December 2015
staying in Oviston , Venterstad
Kan dit aanbeveel indien jy vir langer daar wil vertoef.
Willem V. - 27th December 2015
staying in Oviston , Venterstad
Stil en rustige omgewing.
Adam J. Z. - 28th June 2015
staying in Venterstad
Die verblyf by "Karoo Nights" was aangenaam.
Milda O. - 21st May 2015
staying in Oviston , Venterstad
Het nie veel van Oviston gesien nie, maar behalwe vir visvang, lyk dit nie of daar regtig veel te doen is nie.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za