Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7776 reviews.
"Ek hou so baie van die Vrystaat: moenie my vra nie. Veral die Oos-Vrystaat (Vrede-Harrismith) en Suid-Vrystaat (Philippolis en omstreke). Oos-Vrystaat is gewoonlik groen en die sterre is reg bokant jou kop in die Suid-Vrystaat. Bothaville en omstreke (Noordwes-Vrystaat) kan bietjie aan daardie deel se beeld werk. Ons het daardeur gery en die Vredefort-koepel area was swak aangedui en bemark."
"Baie mooi dorp en baie gasvrye mense. Sal enige tyd weer teruggaan vir shopping."
"Ongelukkig was die aankoms skemertyd en weer vroeg vertrek, maar dit wat ons gesien het die volgende oggend dit is skoon netjiese dorpie wat ek van baie ander plekke nie mee kan vergelyk nie."
"Een puntjie van kritiek: Brood is so skaars soos hoendertande! Daar is 'n bakkery, maar die maak net oop as dit hulle pas. Dan bak hulle net 'n paar broodjies en klaar. Oral kan jy allerhande soorte broodmeel koop, maar o wee, geen iets wat lyk soos 'n broodpan nie. Die mense lag as jy vra vir 'n broodpan. Verder was dit regtig baie lekker. Lekker interessante winkeltjies, interessante eetplekke. Ons sal beslis weer by Clarens en natuurlik LA BRI gaan kuier. Dankie ook vir LekkeSlaap se wonderlike hulp."
"If the few people I have met in Philippolis are a reflection of all of the residents, then this is a very special town."
"Seker nie almal se tipe bestemming nie, maar 'n soort rustigheid wat byval vind. Interessante winkeltjies en eetplekke. Die uitsig is wonderlik. Dit is tog na genoeg aan die Gauteng mekka om die pragtige plekkie te besoek. Was heerlik."
"Clarens kort 'n behoorlike inligtingsburo. Pryse is buitengewoon HOOG. Die ou poskantoor was die allerlekkerste plek om te ontdek!"
"Ladybrand moet so vinnig as moontlik hul skouers optrek met hul historiese erfenis. Die museum se saga is iets vir die dorp om hulself te skaam. "
"Fouriesburg het mooi ou geboue, maar moet meer die Clarens roete gaan om toeriste te trek. Sal sin vir hulle maak om die 2 dorpe te "link" en nie elkeen sy eie ding wil doen nie. Daar is so baie wat hulle saam kan bied."
"Die stad van rose gaan gebuk onder droogte op die oomblik. Sekere dele in die stad mag gevaarlik wees. So hoor ons by die inwoners."
"Parys is 'n baie en goeie besteming om te besoek en bly want daar is so baie om te doen om en in die dorp."
"Wat vir ons baie gemaklik was is die feit dat hulle gastehuis loopafstand vanaf die winkelsentrum is. Restaurante, apteek, banke asook die Spar ens."
"Aangesien dit 'n toeriste aantreklikheid is is die pryse van produkte baie hoog soos dit by enige vakansieplek is. Ons het Golden Gate toe gery en na 'n swemplek gesoek maar hulle swembad het volgens hulle nie water gehad nie. Dit was baie teleurstellend en die plek self het nie 'n goeie indruk gemaak nie. Dankie aan Montsori Mountain Lodge wat goedgunstiglik gesê het ons kan swem omdat ons ander gaste geken het en hulle gereeld besoek het. Alhoewel die swembad nie skoongemaak was nie het ons dit geniet. Ons het die uitsig baie geniet van die stoep van die hotel af en die kos was goed."
"Ons ken dit slegs as 'n plek op pad / vanaf die Kaap. Daar is dalk meer in die omtrek."