Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7776 reviews.
"Obviously a fairly affluent area of Bloemfontein, with lots of overnight accommodation in gated houses and compounds."
"Lank in Bloemfontein gebly en Universitas is 'n goeie woonbuurt."
"Trompsburg is goed geleë tussen Pretoria en George vir oornag. Mooi dorpie met 'n bakkery wat baie moeite doen om toeriste te lok. Mense baie vriendelik."
"Daar is tans 'n droogte daar, die eienaars doen moeite om opgaardtenks vol water te hou, so as die water min is wees maar geduldig. Dankie."
"Memel is 'n mooi dorpie, daar is 'n rustigheid en 'n stilte wat mens kan geniet en waarna die stadsmens verlang. Daar is staproetes en ook die vleilande wat jy kan besoek met baie voëls om te sien. In die omgewing is baie interessante plekke soos bv. Verkykerskop met oudhede van jare gelede. "
"Lieflike dorp om te besoek, oulike winkels en eetplekke, natuur is ongelooflik mooi, baie om te doen."
"Clarens is 'n wêreld op sy eie... fantasties kuns en vermaak beskikbaar en is sekerlik een van die mooiste klein dorpies in die land."
"Klein plattelandse dorpie en die Cheetha Restaurant is absoluut 'n MOET om te besoek."
"Netjies en skoon met baie mooi sandsteengeboue. Nodige winkels en besighede ook goed en nie so verwaarloos soos byvoorbeeld Clocolaan nie. Nie veel in die dorp self te doen nie."