Geverifieerde Resensie
Warrenton
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Warrenton bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.4 uit 5 gekry volgens 35 resensies.
"Die dorp en paaie is ongelukkig verwaarloos, maar die gastehuis is buite die dorp op die oewer van die Vaalrivier."
"Hoewel sekere geboue verwaarloos voorkom het dié dorp goeie toeriste-potensiaal met sy ryk geskiedenis, die pragtige verbyvloeiende Vaalrivier en sy vrugbare landelike omgewing!"
"As die nuwe inkopiesentrum eers opgerig en in bedryf is, sal dit dorp dalk ook 'n netjieser baadjie kan aantrek."
"Geen verdere kommentaar, behalwe dat dit 'n aangename bestemming (tipies Noord-Kaapland) is!"
"Warrenton Laerskool het ons lekker vermaak met hul Kersfees nagkonsert. Warrenton is 'n baie mooi plek, dis net die paaie wat aandag kort."
"There is a lot that the town offers. I didn’t know Vaal River ran through that town."
"Warrenton het 'n pragtige omgewing. Die enigste nadeel is dat soos meeste van on plattelandse dorpe, is die infrastruktuur, onder andere die paaie, besig om te verval."