Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36382 reviews.
"'n Goeie plek as jy hou van die geskiedenis van ons land en daar is 'n paar baie unieke en interessante plekke in die omgewing. "
"Het baie lief geraak vir die dorpie. Mense is baie vriendelik en hulpvaardig. Werklik 'n stukkie hemel!"
"Die Klein Karoo is beslis een van daai 'gems' van ons land! Pragtige roetes, passe en plekkies om te besoek. Mens kan weke hier spandeer."
"What a pleasure driving into Prince Albert. The homes and businesses are beautifully painted and clean. No rubbish in the streets and roads are well maintained. "
"Daar word baie gedoen om Paternoster 'n vriendelike toeristebestemming te maak. Ongelukkig maak die gaping in armoede tussen die inwoners en toeriste (of vakansiewoningeienaars) dit ongemaklik. Meer werk kan geskep word. Ek het opgemerk dat die bouers nie van Paternoster afkomstig is nie. Hulle kan eerder opleiding verskaf aan plaaslike mense en so inkomste skep."
"Baie stil en klein dorpie om rustig te wees met lekker staproetes langs die see. Moet tog net nie Fryers Cove restaurant to gaan en verwag hulle gaan instapdiens lewer. Ons was vinnig en ongeskik weggewys. Ons het altyd ons etes by The Cabin Restaurant geniet en is altyd vriendelik ontvang."
"Dis die beste vakansie ooit. Dis so rustig en daar is geen lawaai of vullis wat oral rondwaai nie. Die dorp is skoon en veilig. Dit is beslis my gunsteling-vakansiedorp!"
"It is a beautiful place for resting and getting away from the noise of the city. Friendly people and very safe."
"Stunning plek met die nodigste dienste. Baie klein plekkies om te ontdek en skouspelagtig mooi. Rustig en nie 'n samedromming van mense op die strand nie."
"Nostalgia Restaurant het vir ons so bederf met die heerlikste aandete! Wonderlike restaurant in Oudtshoorn."
"Heerlike weer, mooi natuurskoon, skoon dorp met baie om te doen. Hartenbos-strandoord is netjies en veilig."
"Lots to do in Cape Town. Lovely weather and great meeting people from all over the world."
"Awesome, uistekende ligging, klimaat en restaurante. Baie om te doen en see-uitsig is uitstekend."
"Verken die gebiede om Gansbaai. Franskraal het 'n ongelooflike swemstrand met rivier wat inloop, warm water en helderste water!"