Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35325 reviews.
"Hier is nie veel om te doen nie, maar vir die moeë reisiger is dit die ideale stil en rustige oornagdorpie, weg van die stede se lawaai en vakansiegangers. Dorp is baie netjies en alles is binne loopafstand. Die OK winkel wat oop is 24/7 is definitief 'n bonus, want ons kon selfs braaihout en vleis kry op 'n laat Sondagmiddag. Staf by die vulstasie was baie behulpsaam. Sal weer hier kom oornag en verder verken."
"Pragtige dorp met goed versorgde geboue en skoon strate. Ry bietjie rond en gaan loer na die pad uit na Ladismith. Garcias-pas is 'n lekker pad vir motorfiets-entoesiaste! Koffiewinkels en restaurante is volop, maar pasop vir die oorgretige verkeersmanne, wie net wag vir die verkeerde beweging!"
"Dis altyd lekker by die see. Langebaan brei net al hoe meer uit. Almal is altyd vriendelik."
"Die dorp is klein en eetplekke min, veral as jy 'n toeris is wat na 'n lang pad iets wil kry om te eet, sou sê dis perfek vir 'n oornagbestemming maar nie langer nie."
"Die strand is 'n wenner en ek sal vir seker teruggaan Paternoster toe, maar net nie so na aan die hawe nie. Die bakkies raas al van 4 uur in die oggend, selfs oor naweke."
"Rustig, loop en verken die dorp. Die ou huise en mense van die area is 'n juweel."
"Fantastic location with major shops in Gansbaai, just about 20 min away. Pearly Beach has beautiful beaches and far enough away from the December crowds."
"Die stad bied so baie dat indien een ding nie uitwerk nie, kan jy iets anders in die plek vind om te doen. Ons was elke dag besig met meestal buite-aktiwiteite soos Murati, Fairview, Delheim en Knorhoek-wynkelders. Die Afrikaanse Taalmonument en The Alpaca Loom-plaas is ook vinnige stoppe in die wynkelders se omgewing. Die Rooibus kan 'n hele dag of 2 opneem en dit wys al die hoofplekke. Waterfront en als wat dit bied. "Cool Runnings" is 'n goeie aktiwiteit vir die jonger mense wat van aksie hou. Baie plekke om te eet oral waar jy ry. Die diens is net bietjie stadig het ons gevind. Ek wil egter The Dialy Cofee Cafe Bloubergstrand uitwys vir goeie, vriendelike diens en uitstekende koffie en kos."